Akmal moet uitlatings oor Arthur verduidelik
Krieket
Umar Akmal kan moontlik deur die Pakistanse Krieketraad (PCB) gestraf word ná sy openbare uitbarsting teenoor sy nasionale afrigter, Mickey Arthur.
Die sukkelende kolwer het die Suid-Afrikaner dié week op 'n mediakonferensie daarvan beskuldig dat hy hom beledig het en hom toegang tot die nasionale krieketakademie se afrigtinggeriewe geweier het.
“Ek weet dat my fiksheid nie op peil is nie en ek probeer om daaraan te werk. Ek het selfs 'n instrukteur gevra om my daarmee te help,” het Akmal gesê. “Maar Mickey het gesê ek moet nie eens by die akademie wees nie en dat ek eerder klubkrieket moet speel.”
Akmal het ook beweer Arthur se taal teenoor hom was “beledigend en hy het hom verkleineer”.
Die PCB het in reaksie hierop gesê die middelordekolwer het sewe dae om sy uitlatings aan die beheerliggaam te verduidelik. Arthur, wat Akmal weens swak fiksheid vanaf die Kampioenetrofee in Engeland terug Pakistan toe gestuur het, het bevestig daar was 'n woordewisseling tussen hulle.
“Ek het 'n paar waarhede by hom tuisgebring en gesê hy soek altyd verskoning in plaas daarvan om na homself te kyk,” het Arthur, wat ook die Proteas afrig, gesê. “Ek het ook vir hom gesê hy moet dit verdien om ons ondersteuningspersoneel te gebruik, omdat hy nie 'n gekontrakteerde krieketspeler is nie. Hy kan nie net hier instap en op goed aandring nie.” – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie