Akkerbouraad gooi reddingsboei van miljoene na Amta
Akkerbouraad gooi reddingsboei van miljoene na Amta

Akkerbouraad gooi reddingsboei van miljoene na Amta

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die Namibië Akkerbouraad (NAB) gaan 'n driekwart van sy geld in reserwe aan die sukkelende­ Landbou Bemarkings- en Handels­agentskap (Amta) oorbetaal.

Mnr. Christof Brock, uitvoerende hoof van die NAB, het gister bekend gemaak dat die raad tydens 'n buiten­gewone vergadering besluit het om N$26 miljoen aan Amta te gee. Dit is 'n driekwart van die geld wat die raad die afgelope 15 jaar in sy reserwe­fonds opgebou het.

Die agentskap het in Maart bekend gemaak dat hy in die vorige boekjaar 'n netto verlies van N$60 miljoen gely het aangesien sy operasionele uitgawes die begroting daarvoor ver oorskry het.

Mnr. Lucas Lungameni, besturende direkteur van Amta, het tydens 'n nuuskonferensie wat deur die ministerie van landbou, water en bosbou gereël is, gesê die geld sal gebruik word om mielies en mahangu te koop wat deur kleinboere in die noordelike kommunale gebied geproduseer is. Dit sal in die graansilo's in die Noorde, wat tans net 7 000 ton graan in voorraad het, geberg word.

Vanweë die goeie reën en gevolglike hoë graanopbrengs vanjaar, sal meulenaars nie al die graan wat geproduseer is, kan koop nie, het Brock gesê.

Volgens Lungameni was die geld in die wentelfonds wat hiervoor aangewend word, aan die begin van Augustus reeds uitgeput.

Brock het by dieselfde geleentheid die hoop uitgespreek dat die akkerbouraad se geld nie deur Amta gebruik sal word om operasionele koste te dek nie, maar dit aangewend sal word waarvoor dit bestem is.

Intussen het die ministerie gister ooreenkomste met twee operateurs in die Noorde onderteken wat die abattoirs op Oshakati en Katima Mulilo weer in bedryf sal stel.

Mnr. Paully Ipinge het die ooreenkoms namens Kiat Investment vir die bedryf van die abattoir op Oshakati onderteken, terwyl mnr. Alfred Chilinda as verteenwoordiger van die Zambezi Meat Corporation (Zamco) die ooreenkoms vir die bedryf van die abattoir op Katima Mulilo onderteken het.

Dié abattoirs is voorheen deur Meatco bedryf wat nadat die kontrak in Maart 2014 verstryk het, besluit het om dit nie weer te hernu nie.

Mnr. Percy Misika, permanente sekretaris van landbou, water en bosbou, sê die kontrakte is ná 'n tenderproses op 1 Julie vanjaar aan hierdie twee operateurs toegeken.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!