Akkerbouers wil aansoek vir GM mielies bring

Plaaslike akkerbouers verleen steun ’n aansoek om die verbod op die invoer van GM mielies vir landboudoeleindes te lig.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Akkerbouers staan op die rand daarvan om geskiedenis te maak sou hulle daarin slaag om goedkeuring te kry om sekere geneties gemodifiseerde (GM) mielies na Namibië in te voer en te plant.

Tot dusver was die invoer en plant hiervan teen regeringsbeleid, maar akkerbouers meen dié mielies kan hul redding in die droogte en teen die verwoestende herfskommandowurm wees.

“Die werklikheid is Namibiërs eet, verbruik en voer GM produkte jare reeds.

Produkte vry van geneties gemodifiseerde produkte (GMO’s) is net nie in groot genoeg hoeveelhede bekombaar dat ons dit alleen kan gebruik nie.

“Sou ons die invoer van GMO’s verbied, sou ons van die honger doodgaan,” verduidelik mnr. Klaas Malan, ’n akkerbouer uit Grootfontein se mieliedriehoek.

Malan sê akkerbouers het GEO Pollution Technologies as konsultante gehuur om ’n omgewingsomvangsbepaling asook ’n omgewingsbestuursplan vir die bekendstelling van GM mielies vir landboudoeleindes in Namibië doen.

Daarná moet ’n omgewingsklaringsertifikaat uitgereik word en sal die Nasionale Kommissie van Navorsing in Wetenskap en Tegnologie (NCRST) beslis of toestemming gegee kan word om GM mielies vir landboudoeleindes die land in te bring of nie.

“Dit gaan nog ‘n lang proses wees,” het Malan verduidelik. Hy sê die studie word deur die Akkerbou-produsentevereniging as ’n projek befonds en daar is sterk belangstelling hierin onder produsente.

Altesaam 60 akkerbouers het hul name as belangstellendes aan hom deurgegee.

“GM mielies is omgewingsvriendeliker, want hul inherente weerstand teen peste en plae beteken minder giwwe hoef gespuit te word.”

Malan sê die voorkoms van die herfskommandowurm beteken droëland-akkerbouers moet, anders as voorheen, tot twee maal ’n seisoen gif spuit, wat nie net die wurms nie, maar ook verskeie ander goeie insekte soos heuningbye doodmaak.

Daarteenoor is GM mielies so ontwerp om enkele, spesifieke plae te beveg.

In April vanjaar het die ministerie van landbou, water en bosbou in ’n verslag oor gewasvooruitsigte, voedselsekuriteit en die droogtesituasie, gesê die ramp-oes van mielies in die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango–Wesstreek word tot ’n groot mate aan die uitbreking van die herfskommandowurm toegeskryf.

’n Afname van tot 79% in mielie-oeste het voorgekom.

ZEA MAYS

Volgens ’n inligtingsdokument van GEO Pollution Technologies is die plan om goedkeuring te kry om sogenaamde Zea Mays die land in te bring, oftewel om die GM mielies MON810, MON89034 en NK603 in te bring.

Dié mielies is teen peste soos die stronkboorder, Lepidoptera, oftewel ’n mot van Suid-Amerika, en asook glifosaat-onkruiddoder bestand.

Volgens GEO Pollution Technologies sal ’n openbare vergadering hieroor in Windhoek gehou word waar beide belangstellendes en geraaktes hul saak teen en vir die invoer van GM mielies sal kan stel.

Nuwe regulasies van die Bioveiligheidswet van 2006 het vanjaar op 6 Februarie in werking getree met die doel om die gebruik van produkte wat GMO’s bevat, binne Namibië se grense te reguleer.

Hoewel die uitreik van GMO-permitte van toe af ’n eerste vir Namibië was, is GMO’s nie iets nuuts nie.

GMO-produkte word jare lank al in Namibië en Suider-Afrika geproduseer, verkoop en verbruik.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!