Airlink los probleem met kredietkaartbetalings op
Airlink en die kredietkaartdiensverskaffer, MasterCard, het probleme met betalings in Namibië opgelos.
Dié Suid-Afrikaanse redery, wat tans die enigste een in die buurland is wat vlugte na Namibië onderneem, sê in 'n verklaring MasterCard-transaksies is weer moontlik vir kliënte in Namibië wat vliegkaartjies wil bespreek op die flyairlink.com-webwerf.
Dit volg nadat 'n tegniese probleem wat die veilige 3D-verifikasie van betalings vir kaartjies op vlugte van Namibië beïnvloed het, opgelos is.
Airlink vra kliënte om verskoning vir die ongerief of probleme wat hulle ondervind het en verseker reisigers dat die volledige dienste van MasterCard en alle ander kredietkaarttransaksies beskikbaar is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie