Airbnb's moet by Toerismeraad registreer
Alle Airbnb-akkommodasiegeriewe moet voor of op 31 Desember by die Namibië Toerismeraad (NTB) registreer.
"As jy akkommodasie aan betalende gaste verskaf, moet jou akkommodasiegeriewe by die NTB geregistreer word," sê 'n advertensie van die NTB.
"Die versuim om binne die spertyd te registreer, sal tot regstappe lei vir dié wat sulke akkommodasiegeriewe bedryf, asook vir Airbnb-intekenare."
Volgens die Namibië Toerismeraadwet nr. 21 van 2000 is een van dié organisasie se funksies om alle toerismeverwante besighede te registreer.
Die NTB se fooi vir registrasie beloop 'n eenmalige bedrag van N$200 per kamer.
Die raad kon egter nie bevestig presies hoeveel Airbnb-intekenare in Namibië is nie. Volgens hul webtuiste is meer as 300 akkommodasiegeriewe beskikbaar.
Volgens die NTB word die registrasie van Airbnb-ondernemings vereis sodat goeie akkommodasiestandaarde in die land gehandhaaf kan word.
Airbnb werk met 'n graderingstelsel waar tussen een en vyf sterre deur gaste toegeken word. Gaste kan ook kommentaar lewer oor die gehalte van die akkommodasiegeriewe.
Een van Windhoek se Airbnb-intekenare het bevestig hulle het geen probleem daarmee om hul akkommodasiegeriewe by die NTB te registreer nie.
'n Ander Airbnb-intekenaar het gesê dit hang af van watter persentasie die tarief op bednagte by die NTB is, "want met bankkostes ingereken, is dit dalk nie meer die moeite werd nie".
Volgens die NTB is die persentasie per bed per nag 2%.
Vir meer inligting, skakel 061 290 6078, 061 290 6041 of stuur 'n e-pos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie