Air Namibia wu00e9u00e9r naasbeste in Afrika
Air Namibia wu00e9u00e9r naasbeste in Afrika

Air Namibia wéér naasbeste in Afrika

Air Namibia is weer deur Skytrax as die naasbeste streeklugredery in Afrika aangewys.

Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat die Namibiese lugredery hierdie toekenning inpalm.

Skytrax se wêreldlugredery-toekennings is hoog aangeskryf en word as die Oscars in die lugvaartbedryf gesien.

Reisigers wêreldwyd neem jaarliks aan internasionale lugrederye se opname oor passasierstevredenheid deel om die wenners aan te wys.

Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa, sê in 'n mediaverklaring dit is 'n eer om erkenning van hul kliënte aan die hand van 'n wêreldbekende onafhanklike opname te ontvang.

"Die erkenning noop ons om meer te doen deur ons bedryf te verbeter. Air Namibia se hooffokus is om te verseker ons oortref kliënte se verwagtinge."

Nakawa sê dié toekenning bewys Air Namibia is op die regte pad.

"Om die naasbeste streeklugredery in Afrika te wees, is goed, maar ons sal nie rus voor ons as wenner gekroon is nie. Diens maak die enigste verskil in hierdie bedryf," het Nakawa gesê.

Hy het reisigers bedank wat Air Namibia kies.

"Ons bedank reisigers wat aan die opname deelgeneem het en moedig hulle aan om met Air Namibia te vlieg. Ons gaan voort met die verbetering van ons diensstandaarde om te verseker kliënte kry waarde vir hul geld."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!