Air Namibia-werknemers kry borgtog
Jacqueline Louw
Mnre. Penna Munyunda en Tangi Amon Namwandi, wat daarvan beskuldig word dat hulle probeer het om N$1,1 miljoen van hul werkgewer, Air Namibia, te steel, het gister borgtog in die landdroshof in Windhoek gekry.
Landdros Vanessa Stanley het borgtog van N$50 000 elk aan die twee toegestaan.
Hoewel Munyunda se regsverteenwoordiger, mnr. Christiaan Nambahu, aangevoer het hy kan slegs N$10 000 bekostig, het Stanley gesê die bedrag is regverdig, gegewe die erns van die klagte teen hom.
Dieselfde geld vir Namwandi wat volgens sy regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, net N$5 000 kan betaal.
Namandje het ook gesê slegs 'n bedrag van N$190 000 is nog uitstaande en N$800 000 is reeds verhaal.
Die twee staan tereg op 'n klag van bedrog of alternatiewelik 'n klag van diefstal.
Dié klagte spruit uit 'n voorval op 21 September toe hulle teenoor FNB Namibia voorgegee het hulle is geregtig op betalings van Air Namibia.
Volgens die klagstaat het hulle onder valse voorwendsels aan FNB opdrag gegee om N$1,1 miljoen aan hulle te betaal.
Landdros Vanessa Stanley het streng borgtogvoorwaardes opgelê: onder meer dat die beskuldigdes weekliks by 'n polisiekantoor moet rapporteer en hul reisdokumente aan die ondersoekbeampte moet oorhandig. Voorts mag hulle ook nie die Windhoek-distrik sonder die toestemming van die ondersoekbeampte verlaat nie.
Die saak is tot 8 Februarie 2018 vir verdere ondersoek uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie