Air Namibia vlieg voort

23 September 2019 | Vervoer
Air Namibia gaan nie toemaak nie en ook nie teen die einde van die maand gelikwideer word nie.

Só het die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Xavier Masule, vandag in 'n mediaverklaring gesê.

"Air Namibia sal in die afsienbare toekoms voortgaan om volgens die gepubliseerde skedule te vlieg," het hy gesê.

Masule sê as 'n onderneming wat in bedryf is, verkry die lugdiens voortdurend goedere en dienste.

"Verskaffers moet betaal word, maar met tye raak die lugredery agterstallig met die betaling van sommige fakture, soos dit met enige normale besigheid is.

"In gevalle waar sommige fakture agterstallig is, het die lugredery betalingsreëlings met die betrokke verskaffers aangegaan," sê Masule.

Hy het sy dank aan gewaardeerde kliënte vir hul voortdurende steun "in hierdie uitadgende tyd" uitgespreek.

Alle navrae moet aan die korporatiewe kommunikasiekantoor gerig word by 061 299 6270 of per e-pos by [email protected]

Soortgelyk

 

AgriBusDev-baas geskors

1st of June 18:23 | Regering

Mnr. Petrus Uugwanga, die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) se besturende direkteur, is met onmiddelike effek geskors. Die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, het pas ‘n...

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

1 uur gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

5 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

7 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

17 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

17 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

17 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...