Air Namibia verloor nu00f3g N$2 miljoen
Air Namibia verloor nu00f3g N$2 miljoen

Air Namibia verloor nóg N$2 miljoen

Ogone Thlage
Ogone Tlhage - Die Belgiese lugvaartmaatskappy Challenge Air SA het verlede week 'n bykomende N$2,1 miljoen uit Air Namibia se Europese bankrekening onttrek.

Aanvanklik kon dit meer as N$10 miljoen onttrek, volgens dokumente wat Namibia Media Holdings (NMH) gesien het.

Challenge Air SA se plaaslike verteenwoordiger, mnr. Wilhelm Shali, het gesê Air Namibia kan nog geld uit sy Duitse bankrekeninge verloor totdat dit 'n hofuitspraak eerbiedig wat in Duitsland gelewer is.

“Ons wil nie oor die saak praat nie; ons wil oor die uitspraak praat en het die volle mandaat om Challenge Air te verteenwoordig,” het Shali gesê.

Volgens hom het Challenge Air daarin geslaag om Air Namibia se bankrekeninge te bevries en dit onmoontlik vir die Namibiese lugredery te maak om ander bankrekeninge te open.

“Challenge Air gaan weer geld vat totdat Air Namibia aan boord kom. Die rekeninge is bevries totdat die €25 miljoen teruggekry is,” het Shali gesê.

"Daar sal geen Duitse rekeninge wees totdat gehoor aan die uitspraak gegee is nie," het hy bygevoeg.

Die ander moontlikheid wat Shali geopper het, is dat Air Namibia se vliegtuie gekonfiskeer kan word wat na Frankfurt en Duitsland vlieg.

“Die vliegtuie kan vandag geskut word. As hulle nie met ons onderhandel nie, sal ons dit doen. Die regsverteenwoordigers pas die wette in Europa en nie in Namibië toe nie,” het Shali gesê.

“Of hulle ons erken of nie; ons het geen probleem nie,” het Shali bygevoeg.

Volgens hom is Air Namibia genoeg tyd gegun om Challenge Air met 'n oplossing te nader.

“Ons het vir drie weke vir hulle gewag en hulle het nie gereageer nie. Ons kan steeds die bankrekeninge oopmaak, maar hulle moet ons nader vir onderhandelings,” het Shali beklemtoon.

Shali het gesê hy moes ingryp om te verseker dat die vliegtuie nie geskut word nie.

Mnr. Anicet Baum, Challenge Air SA se Belgiese regsverteenwoordiger, het gesê dit was onnodig van die respondente, Air Namibia en TransNamib, om betrokke te raak in skikkingsvoorstelle, maar te kies met wie hulle wil onderhandel.

“Die uitspraak deur die appèlhof van München is steeds van krag, ondanks die verrigtinge in die hoërhof van Namibië

“As Air Namibia en TransNamib die appèlhof van München wil omseil, tree hulle nie in die belang van hul aandeelhouer op nie,” het hy bygevoeg.

Air Namibia se optrede was onverantwoordelik, meen Baum.

“Dit is heeltemal onverantwoordelik om 'n geldige hofuitspraak te probeer omseil, wat hulle versuim het om óf teen te appèlleer óf 'n hersieningsaansoek by die federale hof in Karlsruhe, Duitsland, in te dien," het Baum gesê.

Die feit dat Challenge Air SA geld uit Air Namibia se Duitse bankrekening kon onttrek, is bewys dat die uitspraak gewig dra, meen Baum.

“Dit is 'n feit dat die München-uitspraak tans teen die respondente uitgevoer word," het Baum gesê.

"Eerlikwaar, ek dink nie hulle erken die gewig van die uitspraak van die München-appèlhof nie. Dit is baie, baie ongelukkig," het Baum gesê.

Air Namibia sê hy sal nie met Shali oor die N$400 miljoen onderhandel wat hulle aan die gelikwideerde Belgiese lugvaartmaatskappy moet betaal nie.

Die volg ná 'n uitspraak op 12 Januarie 2015 deur die likwidateur in die Challenge Air-saak, mnr. Anicet Baum, teen Air Namibia en TransNamib wat destyds die moedermaatskappy van die lugredery was.

Die streeksappèlhof van München het beslis dat Air Namibia verskeie betalings maak aan Challenge Air vir wie hy geld skuld. Teen die huidige wisselkoers is dit 'n totaal van sowat N$360 miljoen plus 'n bygevoegde daaglikse betaling van US$1 335 vir onbetaalde onderhoud.

Die tydperk van hierdie uitstaande geld is onbekend. Die hof het egter bygevoeg die bedrag in dispuut was omstreeks 25 miljoen euro, bykans N$400 miljoen.

Air Namibia het 30 dae gehad om te appèlleer, maar het nie.

Die beslaglegging op Air Namibia se bates spruit uit hierdie uitspraak. Die nasionale lugredery het 'n huurkontrak vir 'n Boeing 767 met Challenge Air in 1998 onderteken.

Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paulus Nakawa, het beklemtoon dit erken nie vir Shali as Challenge Air SA se plaaslike verteenwoordiger nie.

"Die feit dat plaaslike verteenwoordigers gemagtig is om Challenge Air in hierdie saak te verteenwoordig soos wat aan Air Namibia gekommunikeer is, is onvoldoende. Net 'n beampte wat deur die hof aangestel is, kan 'n maatskappy in likwidasie verteenwoordig in beide Europa en Namibië. Vir hierdie doeleindes kan net Anicet Baum erken word om met Air Namibia te onderhandel,' het Nakawa gesê.

"Enige beweerde aanstellingvan 'n verteenwoordiger in Namibië kan slegs geldig wees as dit ingevolge Namibiese wet erken word. Die probleem wat die likwidateur in die gesig staar om in Namibië erken te word, is die plaaslike verteenwoordigers wat glo vir hierdie doel aangewys is."

Volgens Nakawa het Challenge Air by wyse van Shali die hoërhof van Namibië genader.

Shali wil in sy kapasiteit as likwidateur erken word om teen Air Namibia in Namibië op te tree. Air Namibia het hierdie aansoek weens 'n aantal gronde teengestaan.

“Die saak is op 3 Desember 2018 in die hoërhof van Namibië aangehoor en uitspraak is voorbehou vir 18 Julie 2019,” het Nakawa gesê.

Hy het gesê indien Air Namibia vir Shali erken, sal dit alle regspunte nietig verklaar.

Nakawa het gesê Air Namibia is bewus daarvan dat dit geld verloor weens die Frankfurt-vlugte.

“Air Namibia weet dat die lugredery geld verloor weens die voortgaande proses. Onderhandelinge, beide plaaslik met die aandeelhouer en internasionaal, duur voort om die gevolge van hierdie ongelukkige situasie te versag," het hy gesê.

Die regering het Air Namibia opdrag gegee saam met Challenge Air SA om 'n oplossing te vind sodat beslag nie op sy bates gelê word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%