Air Namibia staak sy Wes-Afrika-roete
Ronelle Rademeyer - Van vandag af vlieg Air Namibia nie meer via Lagos in Nigerië na Accra in Ghana nie.
Dié Wes-Afrikaanse roete is aan die einde van Junie verlede jaar ingestel en vlugte op die roete was tot aan die einde van Januarie vanjaar gemiddeld 55 persent vol bespreek.
Mnr. Paul Nakawa, bestuurder van korporatiewe kommunikasie by die nasionale redery, sê in ‘n verklaring sedertdien het dit gedaal en is nou tussen 35 en 38 persent vol.
In Februarie vanjaar het die Nigeriese hoëkommissariaat ‘n verbod geplaas op die uitreiking van virums aan Namibiese paspoorthouers.
Nakawa sê voorts in die verklaring boodskappe doen in Nigerië die ronde dat Namibië “anti-Nigeries” is en reisigers word aangeraai om Namibië te vermy en om nie Windhoek as deurgangsroete te gebruik nie.
“Air Namibia het verskeie belanghebbendes genader om die diplomatieke dooiepunte te beredder, maar dit was onsuksesvol,” lui die verklaring.
Volgens Nakawa het Air Namibia besluit om vlugte op hierdie roete onbepaald op te skort om die risiko’s te verminder.
Passasiers wat geraak word, sal op Air Namibia se koste op die vlugte van ander rederye bespreek word, of die koste van hul kaartjies sal terugbetaal word indien hulle nie meer wil vlieg nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie