Air Namibia skors vakbondleiers
Air Namibia skors vakbondleiers

Air Namibia skors vakbondleiers

Die waarnemende besturende direkteur van die nasionale lugredery was na bewering onbewus van twee skorsings.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Air Namibia het twee uitvoerende lede van die Namibië Kajuitbemanningsvakbond (NCCU) effektief vanaf 29 Augustus geskors, vermoedelik oor hul openbare kritiek teen die lugredery se voorneme om buitelandse vlieëniers te werf.

Die NCCU se president, mnr. Willem Christiaan, en regsadviseur, mnr. Reginal Kock, het verlede week in hul kapasiteit as vakbondleiers hul skok oor dié planne uitgespreek en aangevoer die lugredery moet eerder Namibiërs in hierdie poste aanstel .

Die twee het Woensdag hul skorsingsbriewe ontvang, 'n dag nadat dit geskryf is.

Die briewe is onderteken deur die waarnemende hoofbestuurder van vlugoperasies, mnr. Musenge Shebele, wat die twee in kennis gestel het hulle word met onmiddellike effek met vergoeding geskors, hangende die uitslag van 'n ondersoek na beweerde wangedrag.

Die president van die Federasievakbond (Tucna), mnr. Paulus Hango, het gister gesê die skorsing is onwettig, want die twee het nie die geleentheid gehad om te reageer en te sê waarom hulle nie geskors moet word nie.

Daarbenewens het Christiaan en Kock, vergesel van mnr. Olsen Kahiriri, wat gesê het hy is Tucna se spesiale gesant van Air Namibia, Woensdag in die waarnemende besturende direkteur, adv. Mandy Samson, se kantoor ingestorm om 'n verduideliking te eis. Volgens hulle was Samson heeltemal onbewus van die skorsings.

"As die hoof nie hiervan weet nie, weet niemand nie. Is hierdie mense geskik om 'n organisasie te lei?" het Christiaan gevra.

Hy het gesê die NCCU is steeds van mening dat Air Namibia nie buitelandse vlieëniers nodig het nie, veral nie teen die voorgestelde salaris- en voordeleskale nie, terwyl Namibiese vlieëniers op "slawelone" moet oorleef.

SALARISPAKKETTE VIR BUITELANDERS

Die vakbond beweer Air Namibia bied buitelandse vlieëniers belastingvrye, maandelikse salarispakkette van tussen N$138 695 en N$150 392 aan.

Christiaan het gesê die NCCU het 'n klein ondersoek op sy eie gedoen en "onthul" dat vlieëniers op die Embraer ERJ-vloot tans gemiddeld tussen 12 en 20 vlugure per maand vlieg.

Volgens hom laat die wet sowat 70 vlugure per maand per vlieënier toe. Christiaan het gesê dit beteken daar is 58 arbeidsure waartydens vlieëniers nie vlieg nie, wat hy aan swak menslike hulpbron-bestuur toeskryf.

“Wanneer ons praat van 'n totaal van 12 werksure, praat ons van vier dae se werk per maand! Die ander dae in die maand is die vlieëniers net by die huis. Met sulke bestuur sal ons Namibiese vlieëniers nooit die vaardighede kry soos vereis om uiteindelik oor te neem en die buitelandse vlieëniers te vervang wat tans vlieg nie.”

Hy het gesê reeds in 2015 tydens regstellende aksie-komiteevergaderings het die NCCU sy kommer uitgespreek oor die beweerde swak bestuur van Namibiese vlieëniers.

Die NCCU het gesê daar is tans net een swart kaptein in Air Namibia se internasionale vloot, die Airbus 330, terwyl daar 13 buitelandse vlieëniers op die Airbus 319-vloot is, in vergelyking met die nege Namibiese vlieëniers.

“En die lugredery wil meer buitelanders aanstel! Hoe kan dit 28 jaar ná onafhanklikheid gebeur?” het Christiaan gevra.

Hy het gesê die lugredery het 'n aantal bekwame swart vlieëniers oor die jare verloor.

Die NCCU hou vol vier Namibiese ERJ-kapteins was vir bevordering op die Airbus 319-vloot in 2017 geoormerk, maar versoeke daarvoor is geïgnoreer.

Die NCCU het gesê hy ondersoek 'n skakel tussen 'n Switserse arbeidsmakelaar en Air Namibia-bestuur wat hom benader het om buitelandse vlieëniers te werf.

Die vakbond het gesê ander vakbonde wat Air Namibia verteenwoordig – die Namiese Vakbond vir Vervoer- en Verwant Werkers (Natau) en die Nasionale Vervoerbeweging (NTM) – het reeds hul steun aan die geskorste NCCU-leiers gegee.

Tucna en NCCU het met massa-aksie volgende week by Air Namibia se hoofkantoor gedreig as die skorsings nie binne 24 uur teruggetrek word nie.

Air Namibia het gesê hysal vandag op vrae reageer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!