Air Namibia oorleef 2019
Air Namibia oorleef 2019

Air Namibia oorleef 2019

Die nasionale lugredery staan steeds ná sy “moeilikste jaar ooit”.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die nasionale lugredery se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Xavier Masule, beskryf 2019 as die moeilikste jaar in Air Namibia se geskiedenis.

“Soos ons vir die jaar vorentoe beplan, kyk ons terug op 2019, wat verreweg die moeilikste jaar in die geskiedenis van ons lugredery was,” sê hy in sy amptelike Nuwejaarsboodskap wat gister uitgereik is.

“Ons is gelukkig dat ons die uitdagings oorleef het, en ons glo 2019 se ervarings sal ons ver bring om Air Namibia se finansiële omstandighede om te keer,” sê hy.

Volgens Masule is reeds in die begin van 2019 voorspel dat die nasionale lugredery teen Maart vanjaar ’n tekort van N$1,6 miljard sal ervaar.

Dié bedrag sluit die opgehoopte kontantvloeitekorte van vorige jare in, asook die volle bedrag wat Challenge Air eis, sê hy.

Die Challenge Air-hofsaak, wat in 1998 afgeskop het, hou verband met ’n geskil oor ’n ou huurooreenkoms vir vliegtuie.

Hiervolgens is op beduidende bedrae kontant van die lugredery beslag gelê aan die hand van hofbevele in Duitsland, sê Masule.

Hy sê Air Namibia se markte in Namibië, Suid-Afrika en Angola is laas jaar deur negatiewe ekonomiese groei geraak, wat ’n negatiewe impak op die lugredery se inkomste gehad het.

Terselfdertyd het mededinging met goed befondsde rederye soos Lufthansa, KLM, Ethiopian Air en Qatar toegeneem, en het Westair ook tot die plaaslik mark toegetree.

Air Namibia moes ook tot einde November 2019 instandhouding op die hele vliegtuigvloot doen, wat veroorsaak het dat vliegtuie soms nie in gebruik was nie, sê hy.

Die impak hiervan het inkomste beperk ná vlugskedules ontwrig is.

Verder het verskaffers hul handelsvoorwaardes aangepas, wat volgens Masule bykomende druk op die redery geplaas het.

Air Namibia kon ook nie sy werknemers se voordele betyds bybring nie, wat huislenings en pensioenbydraes geraak het, sê hy.

’n Ligpunt is dat ’n skikking tussen Air Namibia en Challenge Air nou bereik is.

Besparingsinisiatiewe soos die vermindering van etes op vlugte sal uitgawes ook verminder, sê hy.

Die regering het ’n lening van N$578 miljoen aan die lugredery gewaarborg, waarmee die meeste verskaffers betaal is en vliegtuie beskikbaar gestel is om langafstandvlugte te hervat, sê Masule.

Volgens hom sal die twee Embraer ERJ 135-vliegtuie, wat in onbruik is, binne die eerste kwartaal van 2020 weer vir Air Namibia vlieg.

Hy sê die betaling van werknemers se voordele is op datum gebring.

Die vooruitsig vir 2020 bring sy eie uitdagings en markomstandighede sal na verwagting moeilik bly, sê Masule.

“Ons belowe aan ons belanghebbendes ons sal werk om Air Namibia se naam as trotse nasionale lugdiens van die Republiek van Namibië in ere te herstel. Dié doelwit sal drastiese veranderinge vereis en waagmoedige besluite sal in afwagting op die aandeelhouer se goedkeuring geneem word,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47%