Air Namibia kap terug oor N$13m-eis
Air Namibia kap terug oor N$13m-eis

Air Namibia kap terug oor N$13m-eis

Die einde van die stryd tussen Air Namibia en 'n Zimbabwiese gesin is nog nie in sig nie.
Denver Kisting
Denver Kisting



Maande nadat Air Namibia by die soveelste internasionale geskil betrek is, kon die lugredery daarin slaag om aan sy vliegtuie in Harare vas te klou in 'n geding van N$13 miljoen.

Dít kom nadat hy op die randjie daarvan was om sy bates in die Zimbabwiese hoofstad te verloor en steeds dié risiko loop.

Kort nadat 'n gesin van vyf uit dié buurland vroeër vanjaar by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangekom het, het Air Namibia geweier dat hulle hul reis Frankfurt toe voortsit.

Volgens Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa, was dít 'n opdrag van die Duitse immigrasiebeamptes van Pretoria.

Die Zimbabwiërs het 'n geding in hul hoërhof teen Air Namibia aanhangig gemaak oor die ontbering wat hulle sê hulle gely het weens die redery se optrede en waarin hulle nagenoeg N$13 miljoen van Air Namibia eis.

Onder meer was hulle vir etlike dae gestrand sonder verblyf by die lughawe buite Windhoek, sê die gesin volgens mediaberigte.



balju

In hul eis het hulle daarop aangedring dat die balju beslag lê op Air Namibia se vliegtuie in Harare.

Luidens 'n verklaring van Nakawa het hulle tydens Maart vanjaar die Zimbabwiese hoërhof ingelig hulle gaan die gesin se eis teenstaan.

In die eerste plek skoei Air Namibia sy verweer daarop dat die eisers volgens hom nie voldoen het aan immigrasiever­eistes nie. “Neem kennis dat die Duitse immigrasiebeamptes aangedui het dat hulle nie moet toegelaat word (om hul reis voort te sit nie) in die lig van die feit dat Air Namibia net tot in Frankfurt vlieg en nie na Turkye nie.”

Die gesin was op pad Turkye toe.

Hiernaas, voer Air Namibia aan, het die Zimbabwiese gesin nie aangedui met watter redery se personeellede hulle tydens die onderonsie te doen gehad het nie.

Air Namibia het voorts gesê sy optrede het nie die Zimbabwiërs se vryheid van beweging in die gedrang gebring nie en dat sy beamptes nie die mandaat het om enigiemand in hegtenis te neem nie. Nadat hulle toegang tot die vlug Duitsland toe geweier is, kon die gaste uit die buurland “terugkeer na hul land van oorsprong”, kap Air Namibia verder.

Boonop het Air Namibia geen verdere plig gehad om na die Zimbabwiërs se welstand om te sien nadat die weiering van krag geword het nie, sê Nakawa. 'n Betaalde vliegkaartjie waarborg ook nie outomaties toegang tot 'n vlug nie, sê Air Namibia.

“Daar was geen kontrakbreuk aan die kant van die lugredery nie.”

Air Namibia sê voorts hy het hierna vir drie maande geen woord van die ontstoke toeriste gehoor nie.

In Junie het hy toe 'n aansoek gebring om die saak uit te gooi.

Die stukke hiervoor is volgens Air Namibia op 27 Junie op die gesin beteken waarna hulle binne tien dae moes antwoord.

Op dieselfde dag het die hoërhof in kamers beslis om wel op Air Namibia se bates beslag te lê sonder om enige van die twee partye te roep, voer Nakawa aan.

Air Namibia het eers onlangs in die pers van dié bevinding bewus geword. Nakawa het gister by navraag aan Republikein gesê dié bevinding is om die hoërhof daar in staat te stel om te uit te vind of hy die saak mag aanhoor omdat Air Namibia 'n buitelandse maatskappy is in Zimbabwe. Die nasionale lugredery het hom toe sowat 'n week gelede tot die hooggeregshof in Zimbabwe gewend om teen die bevinding te appelleer.

Volgens Nakawa het dié wending tot gevolg gehad dat die bevel vir nou opgeskort is en Air Namibia sy karweibedrywighede tussen Windhoek en Harare ononderbroke voortsit.

Omdat hy “een van die min” rederye van Afrika is wat in die Europese lugruimtes doenig is, hou hy streng by lugvaartvereistes op daardie vasteland, sê Air Namibia.

Republikein het Air Namibia gister gevra wat die impak van die bevel tot dusver was.

Nakawa sê geen vlugte is of word geraak nie. “Air Namibia gaan voort om sake te doen na Zimbabwe soos per die gepubliseerde vlugskedule.”

Volgens sy aanlyn skedule vlieg Air Namibia vier keer per week Victoria Falls toe en vier keer per week Harare toe.

Pogings om die vyf Zimbabwiese familielede deur Facebook te bereik, het teen druktyd nog geen vrugte afgewerp nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%