Air Namibia hervat Sondag sy vlugte na Zimbabwe
Air Namibia hervat vanaf Sondag sy vlugte na Harare en Victoria Falls in Zimbabwe. Vlugte van Windhoek na Harare is steeds op Dinsdae, Vrydae en Sondae, terwyl die vlugte na Victoria Falls Maandae, Woensdae, Donderdae, Vrydae, Saterdae en Sondae uit Windhoek vertrek. Windhoek - Harare (SW411) vertrek
08:45 en die aankoms is 10:50, terwyl die Windhoek - Victoria Falls-vlugte (SW405) om 14:15 vertrek en 15:50 land.
Die aankondiging volg ná 'n hofbevel van die hoërhof in Zimbabwe waarin die beslaglegging van Air Namibia se eiendom of vliegtuie in Zimbabwe opgehef is in die voortslepende saak tussen die nasionale lugredery en 'n Zimbabwiese gesin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie