Air Namibia en Ethiopian Airlines gaan saamwerk

Meer bestemmings, gemaklike aansluitings en korter wagtye word beloof.
Estelle de Bruyn
Afrika se grootste lugrederygroep, Ethiopian Airlines, het in Februarie 'n samewerkingsooreenkoms met Air Namibia gesluit.

Die ooreenkoms dek drie Ethiopian Airlines-vlugte 'n week Windhoek toe, asook die dienste van albei lugrederye buite hul onderskeie naaflughawens.

Volgens 'n gesamentlike verklaring deur die twee rederye kan beide hul globale netwerke uitbrei en ook mededingende en gerieflike reismoontlikhede aan hul onderskeie kliënte bied.

Die waarnemende visepresident belas met strategiese beplanning en alliansies van Ethiopian Airlines, mnr. Girma Shiferaw, sê die redery is verheug om 'n vennoot van Air Namibia te wees.

“Ek is vas oortuig dat sulke strategiese samewerking tussen Afrika-lugrederye een van die noodsaaklikhede is om lugvaart in Afrika te laat floreer en vinniger te laat groei. Nou sal kliënte van Air Namibia seepgladde verbintenisse op Ethiopian Airlines se groeiende globale netwerk oor vyf vastelande, met die minimum oorstaantyd op Addis Abeba, kan geniet. Eweneens sal dit vir ons passasiers moontlik wees om toegang tot bestemmings verder as Windhoek met Air Namibia-vlugte te kry,” het hy gesê.

Die waarnemende besturende direkteur van Air Namibia, adv. Ellaine Samson, het gesê: “Dit is 'n geleentheid vir die liberalisering van intra-Afrika­ lugvervoer en die bevordering van die Yamoussoukro-besluit. Afgesien hiervan sal dit Air Namibia bystaan om sy netwerk deur die globale reikwydte en statuur van Ethiopian Airlines uit te brei.”

Die ooreenkoms sal dit vir Ethiopian Airlines en Air Namibia moont­lik maak om hul kodes op mekaar se vlugte te plaas. ET-kodes sal gevolglik op SW-vlugte van Windhoek na Gaborone, Luanda, Victoria Falls, en Kaapstad geplaas word, en SW-kodes sal op ET-vlugte tussen Addis Abeba en Windhoek, Beijing, Lagos, Los Angeles, en São Paulo geplaas word.

Volgens dié verklaring beskik Ethiopian­ Airlines oor die nuutste vloot op die vasteland met 'n gemiddelde ouderdom van minder as vyf jaar.

Die lugredery dien tans meer as 90 bestemmings oor vyf kontinente met meer as 240 vlugte.

Ethiopian Airlines is die snelgroeiendste redery in Afrika.

Die vloot sluit Airbus A350-, Boeing 787-, Boeing 777-300ER-, Boeing 777-200LR-, Boeing 777-200 Freighter- en Bombardier Q-400-vliegtuie in.

Die lugredery implementeer tans 'n 15-jaar- strategiese plan, bekend as Visie 2025, wat voorsiening maak vir sewe sakesentrums, naamlik: Ethiopian Domestic and Regional Airline; Ethiopian International Passenger Airline; Ethio­pian Cargo; Ethiopian MRO; Ethiopian Aviation Academy; Ethiopian In-flight Catering Services en Ethiopian Ground Service.

Die afgelope sewe jaar het Ethiopian Airlines daarin geslaag om met gemiddeld 25% te groei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!