Air Namibia: Drie direkteure bedank
Air Namibia: Drie direkteure bedank

Air Namibia: Drie direkteure bedank

Die nasionale redery meen hul herstruktureringsplan, eerder as likwidasie, behoort oorweeg te word.
Elvira Hattingh
Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh – Drie van Air Namibia se direksielede het bedank midde die likwidasieswaard wat oor die nasionale redery se kop hang. Hulle is die voorsitter, mnr. Escher Luanda, mnr. Willy Mertens en me. Heritha Muyoba. Hul bedanking is gister deur die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, bevestig.

Hul bedanking het bekend geword kort nadat die direksie gisteroggend in 'n verklaring die nuwe strategiese omkeerplan verdedig het.

Air Namibia se direkteure sê dit is nie “feitelik korrek” dat hul herstruktureringsplan N$7 miljard gaan kos nie, terwyl dit in die beste belang van beide die redery en aandeelhouers is om likwidasie te vermy.

Die plan om die redery in ‘n kleiner, meer mededingende en volhoubare entiteit te omskep en minstens 50% van sy personeel se poste te red, is die weg vorentoe, meen hulle.

Die direkteure sê die indruk word dikwels geskep dat sowat N$7 miljard nodig is vir die nasionale redery om weer sy werksaamhede te begin, maar dit is nie feitelik korrek nie en word op die “verkeerde uitgangspunt” gebaseer.

Volgens die direksie bring dié bedrag toekomstige skuld tot so ver as 2025 in berekening en skep dit die indruk dit is reeds verskuldig en betaalbaar.

“Ons het die syfer al op drie verskillende forums aan aandeelhouers verduidelik,” sê hulle.

Air Namibia se direksie het gister gesê die likwidasie van die redery sal beteken meer as 636 mense sal hul werk verloor, terwyl hul herstruktureringsplan die helfte hiervan kan red. Die redery sal dan steeds waarde tot die land se ekonomie kan toevoeg.

“Die direksie is van mening dit is in die beste belang van beide die redery en aandeelhouer om likwidasie te vermy en die herstruktureringsplan te implementeer, soos aan die aandeelhouer (die regering) voorgelê is,” word in die verklaring gesê.

Dit behels dat alle huurkontrakte beëindig word, alle niewinsgewende roetes van hul netwerk geskrap word en die meeste kontrakte en ooreenkomste heronderhandel word – alles vir beter kostedoeltreffendheid.

AFBETAAL

“Tans besit die redery ses afbetaalde vliegtuie wat gebruik kan word om ‘n inkomste te verdien - sonder die las van huurkoste. Die direksie het ook alle roetes wat verliese maak, gestaak en hulle vorm nié deel van die nuwe plan nie.

“Daar moet genoem word die redery is inderdaad met historiese skuld belas – van tot so ver terug as 23 jaar – en dat die skuld wat deur die regering gewaarborg is, steeds betaal moet word, ongeag of die redery gelikwideer word of nie,” is verduidelik.

Die direksie beweer die regering, ‘n aandeelhouer wie se verantwoordelikheid eintlik beleidmaking vir staatsondernemings (SOE’s) is, het in die geval van Air Namibia oor die direkteure se koppe gegaan en onder meer direk met werknemers en vakbonde begin onderhandel.

Boonop het die regering glo op sy eie met ‘n herstrukturerings-oefening begin, sonder die direksie se medewete.

Verder word beweer die regering onderhandel oor kontrakte wat die redery betrek, sonder dat die direksie kennis daavan dra en stel raadgewende dienste namens die maatskappy aan, terwyl dit ook die begroting – sonder die direkteure se betrokkenheid – probeer bestuur.

“Sowat N$948 miljoen is in die 2020-’21-boekjaar deur die ministerie van finansies aan die redery bewillig, maar tot dusver is die direksie nie ingelig oor hoe die geld aan die redery uitbetaal is en of dit uitbetaal is nie, buiten vir ‘n maandelikse toekenning vir werknemers se salarisse nie,” lui die verklaring.

TÉ DUUR

Republikein het voorheen berig die kabinetskomitee vir tesourie het verlede jaar reeds mnr. Leon Jooste, die minister van SOE’s, se aanbeveling om Air Namibia te likwideer, aanvaar. Die besluit is egter stil gehou uit vrees dat Castlelake die waarborge sou oproep.

Jooste het onlangs gesê die onderhandelinge met Castlelake was ’n sukses en is feitlik afgehandel.

Hy sê waar daar in 2019 nog vier toekomsopsies vir Air Namibia onder bespreking was, is daar nou net twee oor.

“Die twee opsies is ’n nuwe besigheidsplan wat N$7 miljard en meer sal kos, of likwidasie wat waarskynlik heelwat minder as N$2,5 miljard sal wees,” sê Jooste.

Hy sê die kosteverskil tussen die twee oorblywende opsies beloop meer as N$4,5 miljard.

Mnr. Iipumbu Shiimi, minister van finansies, het onlangs in ’n verklaring gesê Air Namibia was sedert sy ontstaan ’n finansiële las vir die land en die belastingbetaler moes die afgelope tien jaar N$8,4 miljard opdok om sy vliegtuie in die lug te hou.

Hy sê as gevolg van Covid-19 kan die regering nie die nasionale redery se voorgestelde nuwe sakeplan van meer as N$7 miljard bekostig nie.

Volgens Shiimi het pogings in 2019 om strategiese vennootskappe met ander rederye te sluit, óf hulle te kry om in Air Namibia te belê, nie geslaag nie. Hy verwys in sy verklaring op die reusekrisis waarin wêreldlugvaart verkeer, met talle rederye wat gelikwideer word.

Luanda het nie gister op vrae oor sy bedanking reageer nie, hoewel hy die WhatsApp-boodskap daaroor gelees het.
[email protected] en [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%