Air Namibia bly in gevaar
Air Namibia bly in gevaar

Air Namibia bly in gevaar

Die hoof het vir kalmte gepleit op die vooraand van die hofsaak ondanks ’n nuwe penarie waarin die nasionale redery verkeer.
Frank Steffen
Frank Steffen

Twee dae voor Air Namibia se likwidasiesaak vandag in die hoërhof dien, het die Vereniging vir Suider-Afrikaanse Reisagente (Asata) ’n boodskap aan hul lede gestuur dat alle BSP- & ISS-operasies van Air Namibia (SW-186) weens wanbetaling opgeskort is.

Die waarnemende uitvoerende hoof van Air Namibia, mnr. Theo Mbirurua, het gister tydens ’n onderhoud gesê die gevolge van die verbod moenie oordryf of onderskat word nie, en die probleem sal so gou as moontlik opgelos word.

“Maar ongelukkig kan ek nie nou oor hierdie kwessie kommentaar lewer nie, want Air Namibia is nou heeltemal gefokus op die likwidasieaansoek van Challenge Air môre (vandag) om 14:00 in die hoërhof. Maak nie saak wat volgende gebeur nie, dit hang af wat die regter môre (vandag) beslis.”

Mberirua het laat blyk die regering het nog geen verbintenis gemaak om die redery uit die nood te help nie. Volgens hom word daar vanoggend kaalvuis in die kryt geklim.

Hy het beklemtoon dat daar niks in die boodskap gelees moet word nie: “Dit moenie buite konteks gehaal word soos ongelukkig somtyds in mediaberigte oor Air Namibia nie. Dit is ’n ernstige probleem wat getakel moet word, maar dit beteken nie Air Namibia is van die Iata-lys geskrap nie.”

Hy sê lugrederye hoef nie noodwendig ’n lid van die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) te wees om te vlieg nie.

BSP is ’n rekening- en betaalplan wat deur Iata geadministreer word en alle reisagentskappe dek. Die stelsel vergemaklik prosesse waardeur vliegkaartjies verkoop en terugbetaal word en gepaardgaande verslae en finansiële beheer en toesig.

Lede van Iata asook ander rederye kan by die stelsel aansluit. Dit is net een van die talle ratte in die lugvaartbedryf.

Mberirua het gesê die besluit kan beslis ’n impak op Air Namibia hê. Hy het egter die publiek verseker plaaslike vlugte word nie geraak nie en streekvlugte net wanneer ’n reisagentskap die spesifieke stelsel wil gebruik.

’n Onafhanklike bron in die bedryf het verduidelik die stelsel word gebruik om skuld tussen rederye en reisagentskappe te vereffen.

“Rederye ontvang geld namens mekaar en die bedrae word deur middel van Iata betaal soos banke met tjeks gedoen het. Wanneer een redery nie ’n ander betaal nie oortree die redery die voorwaardes van lidmaatskap. Die redery kan dan geskors word of moet bykomende sekuriteit verskaf vir transaksies om te hervat.”

Volgens Mberirua behels dit betalings aan Air Namibia vir vlugte wat mense nie kon onderneem nie. Air Namibia se deposito wat die redery se aanspreeklikheid moet dek, het weens die verlammende reisramp wat Covid-19 veroorsaak het volgens hom eenvoudig te klein geword. Baie ander rederye sit volgens Mberirua in dieselfde bootjie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!