Air Nam-werker steel glo passasier se whiskey, wyn
Air Nam-werker steel glo passasier se whiskey, wyn

Air Nam-werker steel glo passasier se whiskey, wyn

Ronelle Rademeyer
'n Werknemer van Air Namibia en twee ander verdagtes is by die Walvisbaai Internasionale Lughawe in hegtenis geneem vir die verneemde diefstal van onder meer alkohol uit 'n Chinese passasier se bagasie.
Nampa berig die 58-jarige werknemer van Air Namibia is saam met 36-jarige werknemers van 36 jaar en 'n 29-jarige man deur die polisie op klagte van diefstal in hegtenis geneem.
Die verdagtes het na bewering Saterdag die tas van 'n passasier oopgemaak en twee bottels whiskey, 'n bottel wyn, 'n baadjie en 'n paar skoene sonder sy toestemming daaruit gehaal. Die waarde daarvan is N$4 620, berig Nampa.
Die passasier was op pad na China. Hy het eers toe hy in China aankom, besef die items is uit sy bagasie gesteel en dit onder Air Namibia se aandag gebring.
Die diefstal kon later op die rekords van sekuriteitskameras gesien word, waarna die verdagtes aangekla is.
Hulle sal na verwagting binnekort in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.
Foto ter illustrasie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!