Agtien dragtige koeie geslag

Gevalle van veediefstal en beesslagting skiet die hoogte in.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Boer is Sondag met 'n gru-toneel begroet toe hy die 18 karkasse van sy dragtige koeie op die plaas Hoëveld naby Waterberg in die Otjiwarongo-distrik ontdek het.

"Draadstrikke word tussen die bome gespan en die koeie word in die strikke in gejaag. Die koeie word keelafgesny en net daar geslag. Al wat oorbly, is die koppe, velle en pote," het mnr. Chris Bergh van die Van der Walt-boerdery gister aan Republikein gesê.

Hy vermoed die beeste is oor die afgelope twee weke geslag. Die skade van die koeie word op sowat N$10 000 per kop bereken, maar omdat hulle dragtig was, is die totale verlies baie meer as N$180 000.

Die slagplek in digte bosse is sowat 100 meter van die grondpad af, wat vir misdadigers maklike toegang gee om die vleis in die nag met voertuie op te laai.

"Die private teenstropery-eenheid Nyime was Sondag eerste op die toneel en het onder meer 'n sigaretboksie daar gevind. Otjiwarongo se polisie het eers Maandag uitgekom plaas toe," het Bergh gesê.

Ongelukkig is die booswigte se spore deur die sporadiese reën uitgewis.

Bergh sê verlede week is beeste ook op sy buurman se plaas geslag en sonpompe gesteel.

Die vleis word glo vir 'n appel en 'n ei op markte op Okakarara, Swakopmund en Walvisbaai verkoop.

NGUNI'S GESTEEL, GESLAG

Intussen is 'n 32-jarige man in hegtenis geneem in verband met veediefstal in die Karibib-distrik terwyl vier van sy medepligtiges nog op vrye voet is.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is vyf Nguni-beeste ter waarde van N$35 000 Sondag op die plaas Onguati deur vyf veediewe gesteel.

"Die beeste is na bewering van Onguati af na die plaas Kranzberg aangejaag waar twee koeie geslag is en drie ander se bene met pangas afgekap is. Die beseerde beeste en die vleis is teruggevind," het die polisie gesê.

Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!