Agterstand met toetse uitgewis
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê die agterstand met die toetsing van weefselmonsters by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) is uitgewis. Volgens Shangula beteken dit mense kan nou hul uitslae binne 24 tot 48 uur ontvang. Huidig kan ses laboratoriums toetsing vir Covid-19 doen wat volgens die minister beteken 'n gemiddeld van 2 400 toetse kan per dag gedoen word.
Shangula het 57 nuwe gevalle en een sterfte vanmiddag aangekondig. Die sterfte is dié van 'n 38-jarige man van Windhoek met onderliggende mediese toestande. Dit bring die getal Covid-19-verwante sterftes op 117 te staan.
Uit die 57 nuwe gevalle is 32 vroue en 24 mans. Die jongste is een jaar oud en die oudste 60 jaar oud. Uit die 57 nuwe gevalle is 39 in Windhoek, vier in Swakopmund, twee in Walvisbaai, ses in Mariental en een elk in onderskeidelik in Keetmanshoop, Okahandja, Eenhana, Tsumeb en Oshakati.
Volgens Shangula het nog 72 mense herstel wat die totaal op 8 431 te staan bring. Dit sluit 59 in Khomas, vyf elk in Omahake en Omusati en ses in //Kharas in. Huidig is daar 2 115 aktiewe gevalle waarvan 16 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en drie kritieke gevalle in Erongo en vyf baie ernstige en sewe kritieke gevalle in Khomas in.
Tot op hede is 91 902 weefselmonsters getoets, 9 486 kontakte word gemonitor en 846 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie