Agt tendense onder mediese fondse wek kommer

Bedryfsurplus getoon

04 April 2019 | Sakenuus
Nellie Brand-Jonker – Mediesefondslede registreer toenemend minder familielede op hul fonds.

Dis een van die bevindinge in die jaarlikse Alexander Forbes Diagnosis-publikasie oor tendense in die mediesefondsbedryf.

Alexander Forbes stel sy Diagnosis op uit die jaarverslag van die Raad op Mediese Skemas (RMS), wat op sy beurt die jongste jaarverslae van mediese fondse gebruik. Die RMS se jongste jaarverslag is in Oktober verlede jaar uitgereik en bevat inligting uit die jaarverslae van mediese fondse tot einde Desember 2017.

Die jongste Diagnosis kyk dus na tendense in die mediesefondsbedryf van 2000 tot 2017.

Hier is van die tendense wat uitgelig word.

1. Baie minder mediese fondse

Die getal mediese fondse het van 2000 tot 2017 gedaal van 144 tot 80 vanweë samesmeltings en fondse wat hul deure gesluit het.

In 2017 het die getal mediese fondse met twee verminder nadat Momentum Health en Metropolitan Medical Scheme saamgesmelt het en Community Medical Aid Scheme (Commed) gelikwideer is.

Dié tendens word daaraan toegeskryf dat kleiner skemas sukkel om finansieel volhoubaar te bly. Baie van die geslote skemas het met Discovery Health Medical Scheme (DHMS) saamgesmelt.

2. Lidmaatskap stagneer

Die getal hooflede van mediese fondse het oor die 17 jaar met 1,47 miljoen toegeneem. Die totale lewens gedek het met 2,28 miljoen of 34% toegeneem. Einde 2017 het mediese fondse altesame 8,87 miljoen hooflede en afhanklikes gehad. Die totstandkoming van die mediese fonds vir staatsdienswerkers (Gems) in 2006 is die hoofrede vir die groei in ledetal, maar groei het intussen verlangsaam. Die getal hooflede het in 2017 met net 0,5% of 20 620 lede gestyg. Die totale getal lewens gedek het met 0,1% gedaal.

3. Gesinsgrootte krimp

Die grootte van gesinne wat mediesefondslede is, het oor die 17 jaar voortdurend gekrimp. Die gemiddelde grootte was einde Desember 2017 2,21 vergeleke met 2,59 einde 2000. Veral die daling in die gesinsgrootte by Gems het die gemiddelde laer gedruk.

“Maar die gemiddelde gesinsgrootte vir die hele bedryf het die afgelope 17 jaar gedaal. Dit kan wees weens omdat lede dit nie kan bekostig om vir hul hele gesin mediese dekking te gee nie,” word in die verslag geskryf.

4. Reuse hou aan groei

Die 20 620 hooflede wat die bedryf in 2017 bygekry is, is danksy groei by DHMS en LA Health. Discovery se markaandeel onder hooflede het oor die 17 jaar van 16% tot 33% gestyg. Daarteenoor het die res van die fondse in die oop mark se markaandeel van hooflede van 54% tot 26% gedaal.

Gems het ook heelwat markaandeel gewen – van 2% van hooflede in 2006 tot 17% in 2017.

5. Gemiddelde ouderdom styg

Die gemiddelde ouderdom van die lewens wat gedek word, het redelik konstant gebly sedert 2005, toe die eerste meting geneem is, met ’n effense verhoging van 32,3 in 2015 tot 32,5 in 2016. In 2017 het dit verder gestyg tot 33,2. Die gemiddelde ouderdom is belangrik omdat ouer mense meer eis. Die algemeen aanvaarde maatstaf is ’n verhoging van 2% in eise per jaar vir elke jaar wat die gemiddelde ouderdom styg.

6. Afgetredenes neem toe

Die gemiddelde persentasie afgetredenes van die totale lewens gedek ook ’n impak op eise. Dit het van 7,9% einde 2016 tot 8,4% einde 2017 gestyg. Dié styging was groter in oop mediese fondse.

7. Premies styg bo inflasie

Die gemiddelde styging in premies sedert 2000 was 7,6% per jaar op grond van die gemiddelde bydrae per hooflid per maand. Dié maatstaf neem die jaarlikse premiestyging in ag, maar toon ook die impak as lede na goedkoper of duurder opsies skuif, en die impak van kleiner gesinne op mediese fondse. Premiestygings is op mediese inflasie gegrond.

Oor dié 17 jaar was die algemene verbruikersprysinflasie (VPI) 5,7% per jaar. Die premies per hooflid het dus met minstens 1,9 persentasiepunt per jaar meer as die VPI toegeneem.

“Die gaping tussen die verhoging in premies en die VPI het die afgelope jare gekrimp, waarskynlik vanweë mediese fondse se pogings om die prys wat verskaffers vra te bestuur.”

Dit word egter ook toegeskryf aan die mate waartoe lede na goedkoper opsies skuif, nuwe lede wat eerder by goedkoper opsies aansluit en die tendens om afhanklikes van dekking te verwyder.

In dié tydperk was mediese inflasie soos deur Statistieke Suid-Afrika gemeet 7,5% per jaar. Die bedryf se verwagting is dat mediese inflasie die VPI met sowat 2 persentasiepunte tot 3 persentasiepunte klop.

8. Fondse se geldsake verswak

Die agteruitgang in fondse se finansies sedert 2014 het in 2017 omgeswaai. Die bedryf het in 2017 in geheel ’n bedryfsurplus van R3,3 miljard getoon. In 2014 was daar ’n bedryfstekort van R464 miljoen wat teen einde 2016 tot R2,3 miljard toegeneem het.

Die dalende tendens tot 2016 is deur wetgewing veroorsaak.

Van 2000 tot 2004 moes mediese fondse wesenlike surplusse opbou om aan die vereiste solvensieverhouding te voldoen.

Toe dit bereik is en hulle nie meer nodig gehad het om daarvoor te begroot nie, het eise wesenlik toegeneem weens nuwe regulasies oor hoe hulle voorgeskrewe minimum voordele moes dek.

In 2017 het mediese fondse wel daarin begin slaag om eise in toom te hou. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Maak jou stem dik

1 uur gelede | In beeld

Tanja Bause - Die aanvullende registrasieproses vir vanjaar se verkiesing het Maandag afgeskop en sal tot 27 Julie voortduur.By talle registrasiepunte het dinge stadig uit...

Katrina gee bes

1 uur gelede | Ministeries

Denver Kisting – Te midde van groot openbare druk het Katrina Hanse-Himarwa gistermiddag die tuig neergelê as minister van onderwys, kuns en kultuur.Kort nadat die...

Kolonel en kie stroop glo wild

1 uur gelede | Howe

Francoise Steynberg - ’n Weermagkolonel en ’n instrukteur by ’n beroepsopleidingsentrum is Maandag op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat nadat hulle daarvan beskuldig is...

Weer vir 10 Julie 2019

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde. In die binneland sal dit winderig wees met sandstorms oor die Namib.KUS: Sonnig en baie...

Net 26,7% water in damme oor ...

1 uur gelede |

Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 26,7% of 186,820 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.Dít in vergelyking met dieselfde tyd verlede...

UPM wil Baster-grondeis instel

1 uur gelede | Politiek

Die United People’s Movement (UPM) het bevestig pogings is aangewend om ’n grondeis in te stel vir grond wat tydens die Duitse, Suid-Afrikaanse en Swapo-regering...

Namibiërs eersdaags met die maan gepla

1 uur gelede | Tegnologie

Elvira Hattingh - Voor die 50ste gedenkjaar sedert die maanlanding wêreldwyd op 20 Julie gevier word, gaan die maan eers ‘n besonderse vertoning vir aardlinge...

Een uit tien voltooi nie laerskoolopleiding

1 uur gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sou dinge voortgaan soos nou gaan een uit elke tien kinders in Afrika suid van die Sahara nie hul laerskoolopleiding teen 2030...

Honderde bakkies vir verkiesing

1 uur gelede | Politiek

Honderde Windhoekers wat bakkies besit, het verlede week na die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kantoor gestroom om hul voertuie vir die aanvullende registrasie van...