Agribusdev staan bakhand by regering
Agribusdev staan bakhand by regering
Januarie-salarisse nie betaal
16 February 2021 | Landbou
Kenya Kambowe op Rundu – Agribusdev-werknemers het nog steeds nie hul salarisse vir Januarie ontvang nie en alle hoop is nou op hul lynministerie gevestig om dié entiteit in staatsbesit geldelik uit te help.
Verlede maand is Agribusdev-werknemers ingelig dat hulle tot verdere kennisgewing nie salarisse sal ontvang nie.
Verlede week het ontevrede werknemers van die Sikondo-besproeiingsplaas in die Kavango-Wesstreek hul teleurstelling uitgespreek toe hulle uitvind die maatskappy is platsak en kan nie salarisse betaal totdat geld beskikbaar is nie.
Die werknemers sê hulle is desperaat vir Januarie se salarisse en sommige kon nie hul kinders by skole inskryf nie, omdat hulle nie die nodige items kon aankoop soos deur skole vereis nie. Hulle het bygevoeg hul bankrekeninge is oortrokke en gewone bankaftrekkings is nou agterstallig.
'LY HONGER'
“Daar word van ons verwag om kos vir die nasie te produseer en dit is hoekom ons by die werk is. Hoe kan ons dié verpligting nakom as ons self hongersnood ervaar? Ons produseer kos, maar ly honger by ons eie huise – hoe is dit regverdig?” vra mnr. Semete Andreas, een van die werknemers.
Toe sy om kommentaar genader is, het Agribusdev se waarnemende besturende direkteur, me. Berfine Antindi, gesê die maatskappy is platsak en benodig geldelike hulp van die ministerie van staatsondernemings af.
Antindi sê hul maandelikse salarisrekening is ietwat meer as N$5 miljoen.
Verlede jaar het die ministerie Agribusdev 'n kontantinspuiting van sowat N$53 miljoen gegee om salarisse en bedryfskoste tot Desember te kan dek.
“Almal word geraak – selfs dié by ons hoofkantoor. Niemand het hul salaris vir Januarie ontvang nie en ons is ook nie seker of ons binnekort enige salarisse gaan ontvang nie. Wat hulle vir jou vertel, is waar en nie 'n geheim nie,” het sy gesê.
MEER NODIG
Antindi erken baie moet gedoen word om Agribusdev selfonderhoudend te maak.
Verlede jaar het die Agribusdev-raad 'n ondersoek na sy eie sake van stapel gestuur en is die voormalige besturende direkteur, mnr. Petrus Uugwanga, geskors, tot sy ontydige afsterwe meer onlangs.
Antindi het bevestig die ondersoek is steeds aan die gang en bevindinge hieruit sal die pad vorentoe uitstippel.
– [email protected]

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
7 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
7 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
7 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
7 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
7 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
7 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
7 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
7 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
7 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies