AgriBusDev-baas geskors
Mnr. Petrus Uugwanga, die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) se besturende direkteur, is met onmiddelike effek geskors.
Die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, het pas ‘n persverklaring uitgereik waarin die nuus bekendgemaak word. Sy sê “die skorsing sal die pad uitlê vir ongehinderde ondersoeke teen die besturende direkteur”.
Daar word nie meer inligting bekendgemaak oor die aard van die ondersoeke nie.
Kasheeta sê wel dat die raad die ministeries van landbou, water en grondhervorming asook van openbare ondernemings hieroor geraadpleeg het.
AgriBusDev was dae gelede in die nuus toe Uugwanga aan Nampa gesê het die agentskap het nie genoeg geld om die salarisse te betaal van wekers op die regering se Groenskema’s nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie