AgriBank steier onder miljoene se slegte skuld

Nuwe hoof wil sake blinkpoets

13 February 2017 | Landbou
Elvira Hattingh



Kliënte is met meer as N$500 miljoen agterstallig wat betref terugbetalings aan AgriBank, het mnr. Sakaria Nghikembua, uitvoerende hoof van die instelling, Vrydag op 'n nuuskonferensie gesê.

Agribank se totale skuldboek staan tans op N$2,4 miljard.

Volgens Nghikembua beloop agterstallige skuld 21% van die bank se totale lenings. Dit is beduidend meer as die internasionaal aanvaarde drumpel van 15%.

Voorts sal die bank 'n verskerpte insamelingstrategie vir agterstallige skuld toepas, wat reeds teen die einde van verlede jaar deur sy raad goedgekeur is. Dit het reeds op twee skuldinsamelaars besluit wat vanaf die einde van vandeesmaand dié strategie in werking moet stel.

“Hoë vlakke van slegte skuld sal die bank se vermoë om aan sy mandaat te voldoen en volhoubaarheid belemmer. As jy geld uitleen, moet jy dit terugkry om weer te kan uitleen.

“Ons het begrip wat betref die droogte en het kliënte al telkemale met droogteskemas gesteun, maar sommige kliënte kan beter produseer en so hul lenings afbetaal en ander kan betaal, maar doen dit net nie.

“Dis nodig dat diegene wat nie kan betaal nie, reëlings met die bank tref,” het hy gesê.

Nghikembua, wat verlede jaar in Augustus as uitvoerende hoof aangestel is, het ook die bank se vordering oor die afgelope ses maande, sy vyfjaarstrategie en fokusgebiede vir die toekoms bekend gemaak.

Hy beoog dat die bank voorts baie beter kliëntediens met behulp van meer relevante dienste moet lewer. Hy het ook gesê die bank sal voorts in waardasies van huise en plase van markwaarde eerder as die versekeringswaarde of produksiewaarde gebruik maak.



Strategiese plan

“Sleutelmylpale vir die afgelope ses maande sluit ook in dat ons die vyf jaar strategiese plan vir die bank voltooi het, 'n program vir die skakeling en kommunikasie met belange­groepe ingestel het en konkrete aksie geneem het om byvoorbeeld ontluikende kommunale boere by ons kliëntebasis in te sluit. Dit behels 'n verbandvrye onderpand, wat ons beplan om teen 31 Maart vanjaar beskikbaar te stel.

“Ons het die 2017-'18-begroting lank voor die sperdatum gefinaliseer, die besluit geneem om 'n opleidingsafdeling vir boere op die been te bring en sleutelbeleide vir verandering hersien,” het Nghikembua gesê.

Hy het verder gesê die bank het 'n duidelike prestasiebestuurstelsel vir werknemers ingestel wat by die besigheidstrategie inpas en waarmee hulle gereeld gemeet sal word.

“Prestasiekontrakte vir die komende boekjaar moet teen einde Maart afgehandel wees,” het hy gesê.

“Deel van ons strategie is om 'n hoë prestasiekultuur binne die bank te skep en die regte werkers met die regte vaardighede en potensiaal aan te stel.

“Voorts sal ons ook op kliënte fokus om 'n beter insig in die mark te kry, ontluikende markte te betree en seker te maak die beskikbare produkte wat ons bied, is steeds relevant.

“Van ons finansiële fokusgebiede sluit in om die skuldboek, rente-­inkomste en asook nie-rente-­inkomste te laat groei, koste te sny en agterstallige geld in te samel.

“Ons het ook 'n strategie vir sosioëkonomiese transformasie ingestel om by die Harambee-­welvaartplan aan te sluit,” het hy gesê.

Langtermyndoelwitte vir die bank sluit ook in om 'n kliëntgesentreerde kultuur te skep en op finansiële­ inklusiwiteit te fokus. Boonop wil AgriBank doeltreffende diens lewer, van nuwe tegnologie gebruik maak en op voortdurende vernuwing fokus.

“Ons het 'n duidelike visie, strategie en raamwerk geskep om dit uit te voer, maar strategieë om inkomste te laat groei en koste te sny, is nodig om ons strategiese doelwitte­ te bereik,” het Nghikembua gesê.

Soortgelyk

 

Endjala se jammer nie goed genoeg – Geingob

22 ure gelede | Politiek

Pres. Hage Geingob het die goewerneur van die Omusatistreek, mnr. Erginus Endjala, opdrag gegee om “ondubbelsinnig en onvoorwaardelik” verskoning te vra vir die stamgerigte uitlatings...

Nuwe regulasies vir myn van sand, gruis

1 dag gelede | Plaaslik

Die Windhoekse munisipaliteit het tydens hul jongste stadsraadsvergadering hul nuwe beleid oor die myn van sand en gruis binne die uitgebreide grense van die hoofstad...

Namibië nié middelpunt vir mensehandel

1 dag gelede | Howe

Verskeie inisiatiewe wat fokus op mensehandel en vir die volgende drie jaar sal duur, is huidig in Namibië onderweg. Volgens die adjunk eerste minister van...

Vier sterf in grubotsing met vragmotor

1 dag gelede | Ongelukke

Vier persone is Vrydag omstreeks 01:00 in 'n kop-teen-kopbotsing 60 kilometer buitekant Otjiwarongo op die Otavi-pad dood. 'n Sedanvoertuig met vier insittendes het teen 'n...

Vang vis vir 'net' N$50

1 dag gelede | Omgewing

Estelle de BruynGoeie nuus vir hengelaars wat net af en toe die lyne gaan natmaak, is dat hulle nie 'n maandpermit van N$1 500 hoef...

Spoed op Westelike verbypad gebriek

1 dag gelede | Ongelukke

Tanja Bause - Motoriste wat van die Westelike verbypad in Windhoek gebruik maak, se maksimum spoed sal van Dinsdag 1 Augustus af 80 km/h wees....

Wiel van geregtigheid draai stadig vir Teko-trio

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw Regter Christie Liebenberg, die nuutaangestelde regter in die verhoor van me. Teckla Lameck en mnre. Kongo Makaxwa en Yang Fan, het gister verhoordatums...

Weer, Vrydag 28 Julie 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig in die noorde met miskolle in die...

Swartbooi bedank uit Swapo

1 dag gelede | Politiek

Catherine SasmanDie uitgeskopte Swapo-parlementslid, mnr. Bernadus Swartbooi, het op ‘n amper triomfantelike manier sy uittrede uit die regerende party aangekondig, maar het bespiegelinge dat hy...