Agri College vertoon goed in VSA
Atlete van Grootfontein Agri College in Namibië het die afgelope naweek aan een van die grootste en bekedste aflosbyeenkomste in die wêreld deelgeneem.
Die Penn-aflosse vind sedert 1895 plaas by die Universiteit van Pennsilvanië se Franklin-baan in Philadelphia. Die byeenkoms het aflosrenne wêreldwyd gewild help maak.
Meer as 18 000 atlete van die VSA en ander lande was hierdie jaar in aksie.
Agri College het deelgeneem in die afdeling vir klein hoërskole. Sulke skole mag nie meer as 524 leerlinge hê nie.
Die skool se jong atlete – die meeste ander deelnemers is reeds 18 jaar oud – het volgens mnr. JP Botha goed gevaar.
Die seunsspan het in die 4 x 100 meter tweede in hul uitdun gekom met ‘n tyd van 44 minute 37 sekondes. Lincoln Beukes (17 jaar oud), Ian Grobbelaar (15), Jaco Grobbelaar (17) en Raymund Hummel (15) is 92ste geplaas uit 299 skole.
In hul 4 x 400 meter-uitdun het Agri College ook tweede geëindig. In hierdie kompetisie word elke atleet se individuele tyd aangeteken. Die span se tyd was 3:29.87 met Raymond Hummel (51.08), Keenen Dickson (54.58, 17 jaar oud), Jaco Grobbelaar (54.02) en Ian Grobbelaar (50.21).
Die meisiesspan het in die 4 x 100 meter vyfde in hulle uitdun gekom met ‘n tyd van 53.28. Hulle was 220ste uit 350 skole. Die span het bestaan uit Felicia Lawaniso (15), Chantel Louw (16), Xu Huber (14) en Chrislene Nienaber (13).
Chrislene Nienhaber het met ‘n hoogte van 1.59 ‘n 27ste plek in hoogspring vir meisies behaal en Karlien Botha (15) het ‘n afstand van 35.88 met die diskus gegooi. Sy was 18de uit 22 deelnemers.
Volgens Botha sal die groep net een atleet verloor volgende jaar, dit is Jaco Grobbelaar, en kan hulle dus met vanjaar se ervaring beter in 2018 presteer.
Chrislene Nienaber is van Pro-ed Akademia in Swakopmund en Raymond Hummel van Walvisbaai Private Hoërskool.
By die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro was daar volgens Botha 200 atlete wat voorheen aan die Penn-aflosse deelgeneem het.
Mnr. Henk Botha en me. Thalize Raes het die atlete vergesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie