Agra skep 'nuwe' tuiste vir pasiënte

07 October 2019 | Gesondheid
Agra se inisiatieffonds vir personeel (ASIF) het ingespring en die onkologie-eenheid by die Windhoek Sentrale Hospitaal se familiekamer 'n nuwe baadjie gegee.

Die opgeknapte familiekamer spog nou met splinternuwe meubels, ­toestelle, opvoedkundige boeke en speletjies.

Volgens die voorsitter van die ASIF-komitee, mnr. Christo van Wyk, was die doel om die familiekamer soos “'n huis weg van die huis” te laat voel vir pasiënte wat hier ­behandeling ontvang.

“Gesondheid bly een van die ­prioriteitsgebiede in Namibië. Die onkologiesaal speel 'n noodsaaklike rol in die verskaffing van gehalte­gesondheidsdienste vir pasiënte,” het Van Wyk gesê.



PERSONEEL WIL VERSKIL MAAK

Die opknapping het sowat vier maande geduur en die familiekamer is nou toegerus met 'n nuwe televisie en DVD-speler, rekenaar, meubels, yskas, witbord en boeke.

“Ek hoop van harte die kamer en toerusting sal gebruik en ordentlik onderhou word om sodoende 'n bydrae tot die verbetering van die gesondheid van Namibiërs te lewer.”

Die ASIF word gedryf deur skenkings van Agra-personeel wat daartoe verbind is om 'n verskil in die Namibiese gemeenskap te maak.

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

5 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

6 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

6 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

7 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

23 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...