Agra begin landbou-akademie

Inskrywings nou oop

04 February 2021 | Landbou
Agra begin 'n splinternuwe, tegnologie-gedrewe Namibiese landbou-akademie, wat nou sal saamwerk met bedryfsvennote asook verskaffers om bedryfspesifieke opleiding vir die plaaslike landbousektor te bied.

Dit word deur Agra ­ProVision van stapel gestuur, wat lank reeds bekend is vir die verskeie opleidingskursusse wat dit aan die plaaslike landbousektor bied.

Volgens 'n verklaring wat vandeesweek uitgereik is, bied die Agra Landbou-akademie 'n unieke, e-leerprogram, wat beteken studente kan teen hul eie pas studeer, vanuit die gemak van hul huise. Dit is ideaal vir ­hoërskoolleerlinge, skoolver­laters, boere en mense wat reeds werk.

Die akademie sê dit bied 'n unieke geleentheid vir persone wat kwalifikasies, vaardighede en praktiese kennis in landbou wil opdoen, met 'n wye reeks sertifikaatprogramme en diplomas waarvoor ingeskryf kan word.

Programme waarvoor ­nasionale sertifikate en diplomas uitgereik word (NQF-vlakke 4 en 5), sluit in diere- en plantproduksie, asook gevorderde plaasbestuur. Die kwalifikasies word deur SAQA (die ­Suid-Afrikaanse ­Kwalifikasie-owerheid) geakkrediteer.

Volgens Agra is al die kwalifi­kasies deur die International Agricultural Academy for Africa (i3A) ontwikkel, met insette vanaf Agra ProVision.

Dit word dan aanlyn via die internet deur e-leerprogramme aangebied, terwyl dit verder ­gerugsteun sal word deur praktiese opleiding deur leiers in die ­plaaslike bedryf.

In Suid-Afrika het i3A 'n landbou-skoolprogram ontwikkel wat die graad 10-, 11- en 12-kurri­kulum in ooreenstemming met SAQA-sertifikate NQF 2, 3 en 4 bring. Die doel is om leerlinge te help bou aan hul loopbane in landbou, terwyl hulle nog skoolgaan.

Agri-pedia is 'n internet-tegno­logie rekenaarplatform waar al die leermateriaal en inligting in die vorm van geskrewe stukke, video, animasies en grafiese formaat beskikbaar is, wat die oordra van die inligting verfrissend en visueel verstaanbaar maak. Boonop word alle inhoud aangepas sodat dit toepaslik op Namibiese toestande is.

Agra sê dit hoop om op dié manier uitdagings vir ­Namibiërs, soos toegang tot hoë gehalte landbou-opleidingskursusse, die hoof te bied.

Die akademie aanvaar tans ­inskrywings, terwyl die eerste ­graduandi wat verlede jaar ingeskryf het, reeds gegradueer het. Vir meer inligting kan die akademie by [email protected] of 061 290 9208 gekontak word.

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

3 ure gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

3 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

4 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

5 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

14 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

14 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

14 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...