Aggressiewe olifantbul gaan gejag word
Olifante in die noorde van die land is besig om verwoesting onder gewasse te saai.
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme meen ’n aggressiewe olifantbul wat ’n trop olifante lei wat verwoesting onder gewasse in die Noorde saai, sal as probleemdier verklaar word.
Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, is verskeie klagte ontvang van olifante wat landerye in die noorde van die land vernietig.
"Die ministerie het empatie met die boere wat verliese weens hierdie olifante ly. Ons verstaan dat gewasproduksie ’n bron van inkomste vir baie mense in landelike gebiede is - veral in die geraakte gebiede. Die impak van die skade kan nie oorbeklemtoon word nie," sê Muyunda.
Hy sê die ministerie doen alles in hul vermoë om boere in die geraakte gebiede binne die raamwerk van wette en beleide by staan om te verseker dat sulke skade of verliese so gou moontlik verminder of gestaak word. Amptenare is ontplooi om boere in dié gebiede te ondersteun.
"Die ministerie glo dat die trop deur ’n aggressiewe olifantbul gelei word en opdrag is aan amptenare op voetsoolvlak gegee om dié bul te identifiseer. Sodra hy geïdentifiseer is, sal die ministerie hom as probleemdier verklaar," verduidelik die woordvoerder.
"Dan sal die olifant gejag word en die opbrengs daarvan sal aan die gemeenskap en geaffekteerde boere gegee word."
Volgens Muyunda is dit nie net olifante wat mens-dier-konflik in die noordelike streke veroorsaak nie, maar ook leeus. Die ministerie het hulpbronne beskikbaar gestel om dié uitdagings te takel.
"Ons doen ’n beroep op gemeenskapslede en boere om geduldig te wees sodat die ministerie die situasie kan oplos. Ons vra dat reg nie in eie hande geneem word nie en dat daar met ontplooide amptenare saamgewerk word," pleit Muyunda.
Hy het ook versoek dat mense in die geaffekteerde gebiede nie snags in die bosse moet loop nie en olifante kwaad maak nie, sodat die verlies aan menselewens en beserings verhoed kan word.
Die ministerie is reeds besig om die beleid oor mens-dier-konflik te hersien om oplossings vir spesifieke streke te vind. Verskeie konsultasies met belanghebbers is reeds hieroor gedoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie