Afwesigheid van sterre kan vir Serena deur open
Afwesigheid van sterre kan vir Serena deur open

Afwesigheid van sterre kan vir Serena deur open

Tennis
Serena Williams (38) se paadjie by die Amerikaanse Ope om die Grand Slam-titelrekord te ewenaar, gaan dalk met minder duwweltjies besaai wees.
Dít is nou as die inskrywings vir die belangrike opwarmingstoernooi voor die Ope, die Western & Southern-ope, enigsins ’n aanduiding is van wie ook daarna in die Amerikaanse Ope gaan speel.
Williams hoop om Margaret Court se rekord van 24 Grand Slam-titels uiteindelik te ewenaar. Sy kon ná die geboorte van haar dogter in September 2017 nog nie weer ’n Grand Slam-toernooi wen nie, al het sy vier eindstryde gehaal.
Williams gaan voor die Western & Southern-ope in ’n toernooi in Lexington van 10 tot 16 Augustus speel.
Die Western & Southern-ope begin op 22 Augustus en die Amerikaanse Ope op 31 Augustus. Spelers het nog tot Maandag tyd om vir dié Grand Slam in te skryf.
Die sluitingsdatum vir die Western & Southern-ope, wat ook op Flushing Meadows gespeel word, was die afgelope Maandag.
Volgens vroeër berigte het die helfte van die toptien op die vroue se wêreldranglys nie vir dit ingeskryf nie. Onder hulle is die wêreld se twee voorste spelers, Ash Barty van Australië en Roemenië se Simona Halep.
Barty sal weens kommer oor die Covid-19-pandemie ook nie aan die Amerikaanse Ope deelneem nie. Sy het in ’n verklaring gesê sy sal nie na die VSA reis om aan die toernooie deel te neem nie.
Bianca Andreescu van Kanada, wat die Amerikaanse Ope verlede jaar as tiener gewen en in 2019 laas in aksie was, het ook nie ingeskryf nie.
Naomi Osaka, wat Williams in 2018 se omstrede Amerikaanse Ope-finaal geklop het, se naam was aanvanklik ook nie onder die inskrywings vir die Western & Southern-ope nie, maar sy het intussen haar deelname aan dié toernooi én die Amerikaanse Ope bevestig.
Spelers soos Petra Martic en Qiang Wang gaan nie in die voorloper-toernooi speel nie, maar het planne om wel in die Amerikaanse Ope te speel.
Nog onttrekkings kan glo volg, terwyl van die topspelers natuurlik ook nog as promotorskeuses betrek kan word. Die Amerikaanse Tennisvereniging kan volgens berigte Maandag ’n finale aankondiging oor sy toernooie maak.
• Al die voorste mans, met die uitsondering van enkele beseerdes, het vir die Western & Southern-ope ingeskryf.
Novak Djokovic van Serwië en Rafael Nadal van Spanje se name verskyn op die lys. Roger Federer (knieoperasie) en Gael Monfils is die enigste twee toptien-spelers wat nie daar is nie.
Suid-Afrika se Kevin Anderson, 123ste op die ranglys, se naam staan tans as die 14de gekeurde neergeskryf. Hy maak gebruik van sy beskermde ranglysposisie, ’n spesiale reël vir spelers wat ses maande of langer uit aksie was. Anderson het in September verlede jaar en Februarie vanjaar knieoperasies ondergaan.
– Netwerk24, opencourt.ca, ubitennis.net, Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!