Afspraak met Rusland voorspel nóg vuurwerke

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Twee goeie vertonings sover in Montevideo het vele ondersteuners se vertroue in die Namibiese rugby­span 'n hupstoot gegee, maar die span sal gewis môreaand sy toer met 'n ewe blink vertoning teen Rusland wil afsluit.

Namibië is die enigste van die vier spanne in die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi wat nie meer 'n kans het om die wentrofee omhoog te hou nie, maar 'n sege môre teen Rusland sal hulle hoogs waarskynlik tweede laat eindig, wat steeds 'n bevredigende uitslag sal wees.

Afrigter Phil Davies se manne het vandeesweek van 'n paar kneusplekke herstel ná die dramatiese en historiese oorwinning met 30-28 teen die gasheer Uruguay, wat egter eers ná 'n hewige fisieke stryd behaal is.

Agtsteman Janco Venter, wat twee drieë gedruk het, het ooglopend vir 'n tyd lank in ongemak voortgespeel en geensins teruggedeins om sy gebruiklike inklimspel te lewer nie.

Hoewel hy eers ná meer as 'n uur se spel afgehaal is nadat die spandokter aandag aan sy skouer gegee het, is die aanduidinge dat Venter môre terug kan wees om ook die Russe te terroriseer.

“Janco moet net oukei wees (om teen Rusland te speel). Ek het lanklaas so 'n inspirerende speler gesien. Dis my held daai. Volgens die mediese span lyk dinge darem belowend,” is hoe mnr. Corrie Mensah, president vand ie Namibiese Rugby-unie en toerlid, die dag ná die Uruguay-sege sy bewondering verwoord het.

Die stut André Rademeyer, met 'n besering aan sy knieligamente, is een speler wat waarskynlik by Johann Tromp op die krukkelys sou aansluit.

Die Namibiërs (vier ligapunte) word môre om 20:30 Namibiese tyd opgeweeg teen Rusland, wat met ses ligapunte spog en een posisie hoër as Namibië is. Die hoofwedstryd is om 23:00 Namibiese tyd tussen Uruguay (die voorloper met 7) en die Argentynse vyftiental (6).

Davies en sy Namibiese span het 'n appeltjie te skil met Rusland, wat in November verlede jaar in Krasnodarsk hul laaste ontmoeting met 47-20 gewen het.

Rusland het afgelope Sondag met sy oorwinning met 48-40 teen die Argentyne gewys dat hy ook op koers vir 'n mededingende vertoning by die 2019 Wêreldbeker in Japan is.

Lyn Jones, wat in die 1990's as Wallis-flank 'n spanmaat van Davies was, se eerstehandse kennis van die Windhoek Draught Welwitschias vir wie hy in 2017 en 2018 in die Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisie afgerig het, sal 'n beduidende invloed op die Russe se benadering tot die wedstryd hê.

•Wêreldrugby bied soos altyd regstreekse videostroom van die wedstryde op sy webblad, asook op sy Facebook- en Twitter-platforms. Namibië se span was teen druktyd nie bekend nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!