'Afrikaans leef solank ons dit praat'

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die hoof van die Nama-stam in Suid-Afrika, kapt. John Witbooi, sê Afrikaans is sy hartstaal en sal voortleef solank as wat mense dit praat.

Hy was Saterdagoggend een van die eregaste tydens die verering van die boek, Die Keiservoël oor Namaland, met die Orde van die Beiteltjie. Die toekenning is tydens die Windhoek Woordfees deur die Cordis-trust aan die skrywer van die boek, dr. Koos Marais, oorhandig.

Dit is een van min boeke in Afrikaans wat erkenning gee aan die geskiedenis en kultuur van die Namas, asook aan die onregte wat hulle aangedoen is. Die lywige werk deur Marais vertel die verhaal van die Nama- en Herero-stryders wat teen die onderdrukking van die Duitse koloniale heersers geveg het.

Dit laat ook die soeklig skyn op die belangrike bydrae wat die Namas van Namibië tot die Afrikaanse taal gelewer het.

Marais het vroeër tydens ‘n geleentheid op Maltahöhe, waar 400 eksemplare van die boek aan die Nama-gemeenskap oorhandig is, gesê hy wil hê die mense van hierdie land moet lees van hul eie helde; mense wat baie opgeoffer het.

“Ek wil hê julle moet trots wees op jul helde, julle moet hul nagedagtenis vereer, julle moet trots wees op jul kultuur, jul taal en jul Afrikaans. Bo alles wil ek hê julle moet lees. Om te lees, is om mag te hê. Om woorde te ken, maak jou sterk. Lees elke dag ‘n paar bladsye, vir die res van jou lewe, want dit maak jou sterk en slim.”

Dr. Fanie Marais, stigter van die Cordis-trust, het gevoel die Windhoek Woordfees is die gepaste forum om die orde aan Marais toe te ken, al is hy van Suid-Afrika en is die boek daar uitgegee.

Me. Queen Witbooi, weduwee van wyle dr. Hendrik Witbooi en een van die eregaste by die oorhandiging, het Marais bedank dat hy deur die boek die Namas se geskiedenis vir toekomstige geslagte opgeteken het.

Dr. Chrisna Beuke-Muir, voorsitter van die Windhoek Woordfees, het Marais bedank vir “sy koppige volharding” om met die waarheid vorendag te kom, al moes hy langer as nege jaar intense navorsing doen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!