Afrika: Versterk gesondheidstelsels
Afrika: Versterk gesondheidstelsels

Afrika: Versterk gesondheidstelsels

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die versterking van gesondheid­stelsels is 'n onontbeerlike voorvereiste om Namibië se doelwit van 'n gesonde nasie te verwesenlik.

Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, het tydens 'n forum vir die versterking van gesondheidstelsels die hoop uitgespreek dat Afrika sy pogings sal verskerp om universele gesondheidsdekking (UHC) vir almal, sowel as sy volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's), te bereik.

Die forum, die eerste van sy soort in Afrika, het in Windhoek plaasgevind. Die tema was “Gesonde stelsels, gesonde mense: Hoe om suksesvolle universele gesondheidsdekking vir Afrika te verseker”.

Dit is deur die Wêreldgesondheids­organisasie (WHO) se streekkantoor vir Afrika in samewerking met die Namibiese regering aangebied. Die doel is om die tegniese leierskap van ministeries van gesondheid by verwante rolspelers uit te bring om hul ervaringe te deel en ooreen te kom op 'n Afrika-benadering om volhoubare, veerkragtige en robuuste gesondheidstelsels te bou. Die forum sal voorts lande ondersteun om 'n stel algemene, meetbare aksies te skep om doeltreffende gesondheidstelsels in die streek te ontwikkel wat tot die verwesenliking van universele gesondheidsdekking sal bydra.

“Ons moet gesondheid sien as 'n voorvereiste, 'n bepaler en 'n uitkoms vir alle SDG's en nie net as 'gesondheidsdoelwit' nie,” het die WHO se streekdirekteur vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti, gesê.

In September vanjaar het die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering die SDG's aanvaar, met doelwit drie wat op gesondheid fokus. Dié doelwit betrek onder meer ontluikende aangeleenthede soos nie-oordraagbare siektes, die voorkoming van beserings en omgewingsgesondheid. Die UHC vereis dat elke inwoner toegang tot gesondheidsdienste het sonder enige ekonomiese, kulturele, maatskaplike, geografiese of stelselverwante struikelblokke. Slegs wanneer stelsels ongelyk is en die onbeskikbaarheid van noodsaaklike medisyne, 'n tekort aan menslike hulpbronne en vertragings as gevolg van ondoeltreffende logistiek die stryd aangesê word en stelsels dié struikelblokke kan oorkom, kan SDG's bereik word.

Volgens Moeti is beleggings in gesondheidstelsels 'n belangrike polis om gemeenskappe en hul ontwikkeling te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!