Afrika-sokkerbaas geskors ná ondersoek
Sokker
Fifa het die hoof van sokker in Afrika, Ahmad Ahmad, ná ’n etiese ondersoek vir vyf jaar geskors.
Ahmad, die president van die Konfederasie van Afrika-sokker (Caf), was van plan om in Maart se verkiesing teen verskeie ander uitdagers vir dié pos te staan.
Fifa, sokker se wêreldliggaam, sê in ’n verklaring die onafhanklike etiese komitee het bevind dat Ahmad geskenke en ander voordele aangebied en aanvaar het, en dat hy hom ook aan die wanbesteding van geld skuldig gemaak het.
Volgens Fifa se verklaring word Ahmad vir vyf jaar uit alle sokkerbedrywighede op nasionale en internasionale vlak geskors. Hy word ook met sowat R3 054 960 beboet.
Amr Fahmy, die vorige algemene sekretaris van Caf, het verlede jaar Ahmad se korrupsie in ’n dokument aan Fifa oopgevlek.
Fahmy, wat intussen aan kanker dood is, het ook gesê Ahmad het vier vroue-personeellede van Caf geteister.
– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie