Afrika-skoenlappers en -motte kwyn

Klimaatsverandering kry skuld

10 October 2019 | Omgewing
Engela Duvenage - Veranderinge in temperature en reënvalpatrone weens klimaatsverandering kan oor die volgende dekades 'n beduidende invloed op die voorkoms van motte en skoenlappers in Afrika hê.

Dít volgens 'n studie wat aan die Universiteit ­Stellenbosch (US) se departement bewarings­ekologie en entomologie in Suid-Afrika gedoen is en in die vaktydskrif Ecological Modelling verskyn het.

Daarvolgens kan die gebiede waarin sekere spesies voorkom met tot 72% krimp.

Die studie is beplan en voltooi terwyl dr. Madeleine Barton 'n postdoktorale navorser aan die US by die fakulteit agriwetenskappe was.

Sy het dit in samewerking met prof. John Terblanche en prof. Brent Sinclair voltooi.

'MIN NAVORSING'

“Bitter min navorsing is al gedoen oor die impak van klimaatsverandering op Afrika se ­Lepidoptera, wat skoenlappers en motte insluit. Soortgelyke inligting is wel al beskikbaar vir spesies op ander vastelande,” vertel Terblanche, wie se navorsing fokus op die impak van klimaatsverandering op die verspreiding en bevolking van landboupeste en insekte wat siektes oordra, soos tsetsevlieë.

Hy sê: “Dis belangrik om insekte te bestudeer, want die landbousektor is bekommerd oor hoe klimaatsverandering die verspreiding kan beïnvloed van peste en insekte wat gewasse bestuif. Die rimpeleffek daarvan kan voedselsekerheid beïnvloed. Talle insekspesies speel ook 'n rol in die verspreiding van siektes. Verandering in terme van die streke waar hulle voorkom, kan ook impli­kasies vir ons gesondheidstelsel hê.”

Barton het 'n proses­gebaseerde klimaatvoorspellingsmodel ontwikkel. Volgens Terblanche is dit die eerste klimaatmodel wat spesifiek ontwerp is om die impak van temperatuurveranderinge én reënval op die toekoms van Afrika se skoenlappers en motte te voorspel.

Soortgelyke modelle bestaan vir ander wêreldstreke, soos Europa, Noord-Amerika en Asië. Barton se model is vrylik beskikbaar en gratis om te gebruik deur ander ­wetenskaplikes wat data oor die fisiologie en verspreiding van Afrika-­spesies beskikbaar het.

Barton se model oor­weeg dus nie net moont­like toekomstige temperatuurveranderings nie, maar ook die invloed wat veranderende reënvalpatrone en droogtes op insekte kan hê. Dit is onder huidige klimaatstoestande getoets, sowel as teen die agtergrond wat teen 2050 verwag word.

Die model is getoets aan die hand van data wat be­skikbaar is vir twee endemiese Afrika-spesies: 'n bekende landboupes, die Busseola fusca, wat op gewasse gevind word, en die Bicyclus anynana-skoenlapper.



AKKURATE ­VOORSPELLINGS

“Om meer akkurate voorspellings te kan maak, is dit beter om temperatuurveranderings sowel as die beskikbaarheid van water in jou modelle te gebruik. Dis nodig, want hierdie elemente beïnvloed die voortbestaan van spesies verskillend. Hoe klimaatsverandering die verspreiding en bevolkingsdinamika van 'n insek oor die hele vasteland heen sal beïnvloed, hang baie af van die organisme se ­fisiologiese vermoë om spesifieke toestande te hanteer,” sê Barton.

Die navorsers het bevind hoër temperature en veranderende reënvalpatrone kan in sommige gevalle die verspreidingsgebied van party Afrika-skoenlapper- en -motspesies met tot 72% laat krimp.

Die ­verspreidingsgebied van spesies soos die mieliestamboorder (Chilo partellus), wat hoër temperature nie goed verdra nie, kan met die helfte krimp. Spesies wat gevoelig is vir koeler ­temperature en droë ­toestande kan weer oor groter gebiede aanpas soos wat temperature en reënval styg. Daar word voorspel spesies in die noordelike dele van Afrika sal kuswaarts en na hoërliggende gebiede skuif om strawwe klimaatstoestande te systap. Die verspreidingsgebied van spesies in die suidelike dele van Afrika sal waarskynlik krimp.

“As mens slegs na temperatuur as maatstaf kyk, lyk dit of spesies in die trope die gevoeligste vir klimaatsverandering gaan wees. Ons modelle wys wanneer neerslagpatrone sou verander, dit ook 'n invloed op spesies in gematigde streke gaan hê,” sê Sinclair.

“Die wisselwerking tussen uiterste temperature en droogtes kan 'n groot impak op insekte in Afrika en elders hê.”

Soortgelyk

 

The rose among the thorns

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena It would be difficult to meet anyone who is as passionate about food and educating people about a vegan diet than 25-year-old...

A peek into the HR world

1 dag gelede | Mense

Julia MushellengaThere are a few initiatives one can use to empower employees, but my main preference is through engagement. It’s important to create engagement platforms...

Fishrot-klankie tref korrupsie-indeks

1 dag gelede | Misdaad

Jo-Maré Duddy - Hoewel die Fishrot-skandaal in die jongste korrupsieverslag van 'n internasionale waghond vermeld word en Namibië vier plekke op 'n wêreldindeks moes inboet,...

Boere betáál vir ‘katkoppe’

1 dag gelede | In beeld

Veilingspryse vir tollies en verse bereik tans nuwe rekordhoogtes, met die hoogste prys van N$47,37 per kg wat vandeesmaand tydens ’n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal...

Swartlys sy voorland, sê Hatuikulipi

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Die eertydse uitvoerende hoof van Investec Asset ­Management en een van die sogenaamde Fishrot-beskuldigdes, mnr. James ­Hatuikulipi, sê sy bankrekening is N$150...

Bank Windhoek assigns Muukua with CSI and Stakeholder Engagement...

1 dag gelede | Gemeenskap

Bank Windhoek has appointed Veripura Muukua as its new Communication Practitioner, tasked with Corporate Social Investment (CSI) and Stakeholder Engagement, effective Wednesday, 15 January 2020.In...

Investing in the people

1 dag gelede | Gemeenskap

Mariselle Stofberg“A new decade signals a time for reflection and focus on new opportunities that lie untapped before us. A decade passed teaches of victories,...

Commit to be fit

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg It takes exceptional perseverance and determination to continue to chase your dreams despite adversity and complications that may arise. Jonathan Mweneni Mwafangeo has...

The value of the journey

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg“So many times I focused on what I wanted to become, neglecting the process required to get there. As I matured, I realised the...