Afrika se wyses vra vrede

Oudpresident Pohamba het voormalige leiers van die vasteland in die bekamping van konflik gelei.
Augetto Graig
Augetto Graig - Voormalige Afrikaleiers wat die Afrika-unie (AU) in hul strewe na vrede ondersteun, het vandeesweek in die hoofstad vergader.

“Ons vasteland word voortdurend met die toenemende gety van terrorisme gekonfronteer, soos weer gesien is met die onlangse aanvalle in Burkina Faso en Somalië,” sê amb. Smail Chergui, die AU se kommissaris vir vrede.

Hy was, saam met die AU se Paneel van Wyses, met besoek aan Namibië vir die vierde sitting van dié paneel.

Die paneel het Maandag reeds met president Hage Geingob by Staatshuis vergader.

Volgens die paneel is daar geen bewyse van ’n terrorisme-risiko vir Namibië nie, maar “waaksaamheid moet gehandhaaf word”.

Chergui het gewaarsku dit neem net een individu om verwoesting te saai.

“Die mense het militêre opleiding, hulle het ’n ideologie en kan sosiale media en die internet goed manipuleer,” het hy gesê.

Boonop worstel Afrika met die uitdagings van oorgangsbestuur, om veerkragtig te wees sodat terugval in konflik voorkom kan word, en die groeiende invloed van eksterne gebeure op die konfliksituasies in die Horing van Afrika, Libië en die Sahel.

“Dít terwyl veelsydigheid bedreig word en militêre magspolitiek toeneem,” sê Chergui.

Mnr. Nangolo Mbumba, Namibië se visepresident, het die vergadering amptelik by die Windhoek Country Club geopen.

Volgens hom moet Afrika by die wysheid en ervaring van die paneel se oplossings vir konflik en die bewaring van vrede en veiligheid baat.

“Namibië moedig goeie samewerking en kommunikasie tussen die paneel van die wyses en die presidente van Afrika aan. Bedien asseblief dié van ons wat vandag in magsposisies is, van raad sodat ons regerings kan verbeter,” het Mbumba gesê.

Oudpresident Hifikepunye Pohamba het die paneel as voorsitter gelei en het genoem hulle was in Windhoek om hul werksplan vir 2018 op te stel.

Volgens Chergui sluit dié werksplan ook die hersiening van verskiesings op die vasteland in, terwyl lande soos die Demokratiese Republiek die Kongo dopgehou sal word.

Die vyf lede van die huidige paneel is in Julie 2017 in Addis Abeba aangestel en Pohamba is in Oktober verlede jaar tot voorsitter verkies.

Hy het Maandag ook van die geleentheid gebruik gemaak om ’n medelid, me. Ellen Johnson Sirleaf, in haar afwesigheid geluk te wens met haar Mo Ibrahim-toekenning vir leierskap in Afrika vir 2017.

Ander lede van die paneel is dr. Speciosa Wandira Kazibwe, Uganda se voormalige visepresident, mnr. Amr Moussa van Egipte, die Verenigde Arabiese Emirate se voormalige sekretaris-generaal en me. Honorine Nzet Bitéghé, Gabon se voormalige minister van maatskaplike welsyn.

Pohamba het die paneellede daaraan herinner dat hul mandaat raadgewing aan die AU insluit, asook om hulle oor kwessies met betrekking tot vrede, veiligheid en stabiliteit in Afrika uit te spreek.

“Dit weerspieël die hoë verwagtinge wat AU-leiers van ons koester. Ek doen dus ’n beroep op julle om as ’n span hard te werk om aan hierdie verwagtinge te voldoen,” het Pohamba gesê.

Pohamba het gewaarsku jeugpopulasies in amper elke Afrikaland groei vinnig en, saam met verswakte ekonomieë, lei dit tot meer werkloosheid en onbeheerbare verstedeliking, wat weer tot geweld en misdaad bydra.

Boonop sal baie Afrikalande in 2018 verkiesings hou, terwyl daar ook siekte, droogte, hongersnood en ander rampe is wat die vasteland tref.

“Ek is oortuig daarvan dat as ons reaksie op rampe koördineer en eenheid onder die AU kan versterk, sou ons maklik ons beperkte hulpbronne kon oorkom en die las van ons mense kon verlig,” het hy gesê.

Volgens Chergui het die paneel, sedert sy ontstaan in 2007, ’n belangrike instrument van konflikoplossing geword.

Die wyses skenk veral aandag aan verkiesingsgeskille en politieke geweld, geregtigheid, vrede en versoening in Afrika.

Die kwesbaarheid van vroue en kinders in konfliksituasies en die versterking van politieke bestuur om vrede, veiligheid en stabiliteit in Afrika te behou, is ook hoofpunte.

Ná die eerste paneel tussen 2007 en 2010 die koers van voorkomende diplomasie ingeslaan het, kon die tweede paneel die pan-Afrika Netwerk van Wyses stig.

Dié netwerk bring streeksvlakverteenwoordigers, hoëvlak- AU-beamptes, vriende van die paneel en individuele bemiddelaars bymekaar om praktiese leiding op grondvlak toe te pas.

Daarna is Vriende van die Paneel, ’n ondersteuningsorganisasie, gestig en meer voorkomende sendings is op die vasteland aangepak.

Die derde Paneel van Wyses is in September 2014 aangestel en het op bemiddeling by die AU se vrede- en veiligheidsraad, asook op die Verenigde Nasies se veiligheidsraad gefokus.

Hulle het ook voorspraak gemaak vir groter betrokkenheid van vroue in konflikoplossing.

Hulle het die pan-Afrika Netwerk van Vrouebemiddelaars (FemWise-Africa) gestig.

Die huidige paneel sal ook die ontplooiing van FemWise-lede bestuur, besoek aflê voor verkiesings, navorsingsondersoeke behartig en die netwerk vergroot.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%