Afrika moet 70% teen 2022 inent
Afrika moet 70% teen 2022 inent

Afrika moet 70% teen 2022 inent

Afrikalande is verantwoordelik vir net 2,9% van die entstowwe wat wêreldwyd toegedien is, terwyl dit die tuiste van byna 18% van die wêreld se bevolking is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Afrika moet 70% van sy bevolking teen die einde van aanstaande jaar teen Covid-19 inent om ’n kans te staan om die pandemie te beheer.

Tans gaan net vyf uit 54 lande op die vasteland teen die einde van dié jaar die teiken behaal om 40% van hul bevolking teen die virus in te ent. Tot op hede is Afrikalande verantwoordelik vir net 2,9% van die entstowwe wat wêreldwyd toegedien is, ten spyte van die feit dat die vasteland die tuiste van byna 18% van die wêreld se bevolking is.

Dié inligting is vervat in die Mo Ibrahim-stigting se jongste verslag met die titel “Covid in Africa – A challenging road to recovery”.

Suider-Afrika (3,9 miljoen) en noordelike Afrika (2,6 miljoen) is steeds die twee streke met die meeste bevestigde gevalle op die vasteland.

Namibië se buurland Botswana is buiten die hoofdryfveer vir nuwe gevalle in suidelike Afrika, ook onder die vyf lande met die meeste nuwe gevalle per miljoen oor ’n gemiddeld van sewe dae. Volgens die verslag is 40 Afrikalande se inentingsgemiddeld minder as 12,6 dosisse per 100 mense.

Vir die 52 Afrikalande waarvoor data beskikbaar is, staan die gemiddeld tans op 28,5 dosisse per 100 mense.

Met die verskyning van die verslag is meer as 7,6 miljard entstowwe teen Covid-19 in 204 lande en gebiede toegedien, die grootste en vinnigste immuniseringsveldtog in die geskiedenis. Teen 29 November het 238 miljoen mense in 60 lande reeds ’n aanvullende dosis (booster shot) teen Covid-19 gekry, meer as ses keer die totale aantal mense wat hul eerste dosis in lae-inkomstelande ontvang het.

Dr. Matshidiso Moeti, streekdirekteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streekkantoor vir Afrika, maan in die verslag die werklike tol wat die pandemie op die vasteland eis, is grootliks onderskat en onderberaam.

“Afrika het ’n amptelike tol van 8,7 miljoen gevalle aangeteken, maar as dit net een uit elke sewe infeksies uitmaak, behoort lande eintlik sewe keer harder te werk – en met sewe keer meer hulpbronne – om die verspreiding van die virus te keer,” het sy gesê.

Te midde van wydverspreide wetenskaplike debat of Afrika se jeugdige bevolking en aggressiewe inperkings die krediet vir lae Covid-koerse moet kry, sê Moeti ontledings deur die WHO het ’n ernstige onderberaming gewys in die tol wat die pandemie op die vasteland eis.

’n Ontleding van geregistreerde gevalle en sterfkoerse wys so min as 14,2% (een in sewe) infeksies word in Afrika aangeteken. Sterftes weens Covid in die 18 maande tot September 2021 is volgens hom vasgestel op 618 000, sowat drie keer meer as die 223 000 wat twee maande later aan die einde van November vanjaar aangemeld is.

“Die ernstige onderskatting van die tol van die pandemie in Afrika is waarskynlik die gevolg van verskille en beperkings in strategieë en vermoëns wat deur Afrikalande geïmplementeer is,” sê Moeti.

Sy verwys na die aantal gevalle op die vasteland wat ’n weerspieëling is van die aantal mense met simptome wat by gesondheidsgeriewe aanklop, teenoor die reisigers wat met aankoms en vertrek in lande getoets word. Gegewe die hoër persentasie van asimptomatiese gevalle in Afrika, is die grootskaalse onderrapportering volgens Moeti nie ’n verrassing nie.

“Dit maak sin dat die meeste inwoners wat met die virus besmet is, nie vir behandeling by plaaslike gesondheidsgeriewe gaan aanklop waar die meeste toetsing plaasvind nie.”

Tog speel juis dié inwoners ’n sleutelrol in die fasilitering van oordrag aan die wat meer kwesbaar is en verhoog sodoende die risiko vir ernstige siekte of dood.

Moeti verwys ook na die gebrek aan rapportering in die ontwrigting van noodsaaklike dienste. Die voorlopige ontleding van data van 47 lande het getoon meer as die helfte het ontwrigtings in die beskikbaarheid en gehalte van primêre gesondheidsorgdienste ervaar. Dit sluit van lewensnoodsaaklike nood- en kritieke sorg, tot palliatiewe en langtermynsorg in, terwyl die onbeskikbaarheid van noodmedikasie sowel as die kansellering van elektiewe prosedures ook aangemeld is. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%