Afrika-lied kom tuis in Namib

Max Siedentopf hoop dat 'n baie bekende lied van Toto “vir altyd” in die Namibwoestyn sal speel.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor en oor en ‘vir altyd’ in die Namib sal speel.

Die presiese ligging in die Namib van die installasie genaamd “Toto Forever” is nie bekend nie. Die nuus het egter soos ‘n veldbrand versprei met internasionale media soos onder meer Huffpost, The Guardian, New York Post en CNN wat geskryf het dat die befaamde lied eindelik in die Namibwoestyn “tuisgekom” het.

‘n Video van die installasie wat hy op Facebook gedeel het, is teen gister reeds meer as 146 000 keer gekyk.

“Ek het ‘n installasie in die Namib, die oudste woestyn in die wêreld, opgestel om eerbied te betoon aan waarskynlik die gewildste lied van die afgelope vier dekades. Toto se ‘Africa’,” het hy op sy webwerf geskryf.

Op die webwerf het hy pragfoto’s gepubliseer, asook ‘n video waar die liedjie in die woestyn gespeel word, met die wind wat die sand in die duine agter en rondom die installasie opwaai.

Hy toon ook ‘n kaart van die “geskatte ligging van die installasie,” waar die hele Namib omkring is, wat sowat 2 000 km lank is en op plekke tot 200 km die binneland in strek. Die presiese ligging van dié kunswerk is dus nie bekend nie.

“Die installasie bestaan uit ses luidsprekers op wit ‘blokke’. Die luidsprekers is aan ‘n MP3-speler gekoppel wat slegs die een lied daarop het – ‘Africa’. Die MP3 is op ‘herhaal’ gestel en die installasie werk met sonpanele sodat dit ‘vir altyd’ kan aanhou speel,” het Siedentopf gesê.

Hy het die installasie reeds in Desember opgestel. In die video op Facebook sê hy dit sal wonderlik wees as dit vir altyd kon speel, maar hy is seker die woestyn sal dit voor dan “insluk”.

Toto se baie bekende “Africa” is reeds in 1982 vrygestel en sedertdien is meer as 4 miljoen kopieë daarvan in Amerika alleen verkoop. Sedertdien het die lied se gewildheid nog nie getaan nie, met die rock-groep Weezer wat dit onlangs weer op die planke gebring het.

Dit word ook in die fliek Aquaman gespeel en ‘n toegewyde Twitter-robot publiseer sedert 2016 elke paar ure van die lied se lirieke.

Siedentopf, wat tans in Londen woon, is ook ‘n skrywer, sakeman en stigter van oorsese tydskrifte. Hy het in Windhoek grootgeword en intussen ook in Berlyn, Los Angeles en Amsterdam gewerk. Meer inligting oor sy uitstalling kan op sy webwerf (maxsiedentopf.com) gevind word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!