Afrika en die grootste handelsooreenkoms ooit
Afrika en die grootste handelsooreenkoms ooit

Afrika en die grootste handelsooreenkoms ooit

Verbind 1,3 miljard mense in 55 lande
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Die intra-kontinentale handelsooreenkoms vir Afrika wat op 1 Januarie vanjaar van krag geword het, gaan dalk te ongesiens verby. Dit is die grootste (as mens so ‘n beskrywing kan gebruik) ooreenkoms van dié aard gemeet aan die getal lande en mense betrokke.

Hierdie inisiatief sal ‘n geraamde 1,3 miljard mense in 55 lande deur middel van handel verbind. Dié lande se gesamentlike BBP beloop ongeveer U$3,4 miljard, maar het ook verskeie uitdagings. Die heel grootste is dalk meer filosofies van aard, naamlik om ‘n doeltreffende teenwig te verskaf waar wêreldtendense juis wegstuur van vryehandel en oorgrens samewerking as gevolg van Covid-19.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) raam dat slegs 17% van Afrika se uitvoere intra-kontinentaal, of op die vasteland plaasvind. Dit is in skrille kontras met die sowat 59% in Asië en 68% in Europa. Afrika verteenwoordig maar sowat 2% van wêreldhandel. Daarteenoor het handel met Afrika – invoere na die vasteland – van 2001 met gemiddeld 12% per jaar toegeneem tot N$1,1 triljoen. Suid-Afrika se uitvoere na die res van Afrika het selfs vinniger gegroei – 14,7% per jaar tot R52,7 miljard in 2019 vanaf die R4,8 miljard in 2001, aldus ‘n verslag van die Wes-Kaapse se departement van landbou.

Landbou word regoor Afrika beskou as ‘n sleutelelement vir ekonomiese heropbou en gevolglike groei en dié nuwe vrye handelsooreenkoms het juis ten doel om tot 90% van die huidige tariefstrukture te laat verval en oorgrens handel stukrag gegee. Dit sal die nagenoeg 33 miljoen kleinboere help om meer volhoubaar te boer en ook betekenisvol bydra tot noodsaaklike werkskepping. Daarmee kan die betrokke ekonomieë letterlik op die been kom en bly.

Handel met en in Afrika sal hoofsaaklik vraaggedrewe wees, veral as gevolg van die opkoms en groei in die sogenaamde middelklas, versnelde verstedeliking en vinnig veranderde verbruiksvoorkeure. Hiertoe sal die nuwe vrye handelsoorkeenkoms kan bydra tot invoervervanging as ‘n haalbare strategiese doelwit.

Dit is ook ‘n verklaarde voorneme om minder rouprodukte uit te voer en meer verwerkte produkte. So ‘n inisiatief sal waardekettings aanvul deur middel van agriverwerking.

Die mandjie van invoere na Afrika op grond van die onderliggende waarde is graanprodukte (17%), dier- en groentevette en -olies (10%), suiker, vleis en suiwel (6% onderskeidelik). Die graaninvoersyfers wys op die feit dat Afrika nie self kan voorsien wat koring en rys betref nie. Suid-Afrika se uitvoere na Afrika is grootliks drank (15%) in die vorm van water, wyn en bier en verwerkte kos (9%), grane (9%) en vrugte en neute (7%). Suid-Afrika is ook ‘n belangrike verskaffer van suiker, suiwel en dierevoeding.

Ongelukkig is enige inisiatief soos hierdie nie sonder ‘n legio struikelblokke nie, soos handelsbeperkende rompslomp en om uitgediende doeaneprosedures reg te ruk nie. Die nuwe ooreenkoms kan die mobiliteit van mense, arbeid, mededinging, beleggings en intelektuele eiendom komplementeer. Dit alles is noodsaaklik indien daar vordering gemaak wil word met die voldoening aan wat die WEF verwag behaal moet word.

Ses sulke faktore is uitgelig. Eerstens is die vrye handelsooreenkoms gemik op die vermindering van armoede op die vasteland. Hoewel uitkomste sal wissel tussen lande, behoort daar meetbare uitkomste te wees in terme van die diversifisering van uitvoere, versnelde ekonomiese groei, verhoogde direkte buitelandse investering en uiteraard verbeterde indiensneming. In die derde instansie behoort vroue bevoordeel te word. Afrika het bewyse van die impak van die bekwaamheid van die vroulike geslag en dit sal beter ontsluit kan word.

Van groot belang is die integriteit van handel as ‘n vierde imperatief. Die wyse waarop die inisiatief die impak van Covid-19 kan buffer en die gevolglike intra-kontinentale samewerking sal ‘n voorbeeld kan word vir die res van die wêreld.

Dit bly egter belangrik dat perspektief behou word, want die nuwe ooreenkoms bly ten beste ‘n middel tot ‘n doel. Landbou sal spoedig op die hoogte moet kom van wat Afrika wil hê en sy heil soek in die bevrediging van dié vraag, maar sal ook aggressief moet help met verdere ontwikkeling.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%