African Stars blaas die aftog in Marokko
African Stars blaas die aftog in Marokko

African Stars blaas die aftog in Marokko

Die klub se fokus verskuif nou om sy agterstand op die NPL-puntelys te begin inhaal.
NAMPA
African Stars se aanslag op die 2018-'19 Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se Konfederasiebeker is daarmee heen nadat die Windhoekers Sondagaand met 1-0 in die tweede en laaste kwalifiserende wedstryd teen Raja Casablanca die knie moes buig.

Stars het 'n week tevore die strydlustige Marokkane by die Sam Nujoma-stadion in Katutura tot een doel elk beperk. Sondagaand moes hulle egter aanskou hoe die gasheerspan in die 56ste minuut die doelnet tref om 'n aggregaattelling van 2-1 te beklink en sy plek in die top-16 van die reeks in te neem.

Hoewel Stars in beide botsings briljant op die verdediging was, was dit duidelik dat die Samba Boys nie oor die nodige skietgoed of vaardighede beskik om doele teen Raja in Casablanca aan te teken nie. Stars het wel die wedstryd soos 'n stormloop afgeskop, maar kon met die meeste besit in die eerste klompie minute nie die verdedigende kampioen se doelkas bedreig nie.

Dieselfde gebrek aan finesse het Stars ook teen Orlando Pirates van Suid-Afrika aan die kaak gestel.

Ná Stars se vrugtelose aanslae vroeg in die kragmeting, het Raja sy voete gevind en die besoekers met een aanslag ná die ander getoets. Stars het met trots en eer uit die stryd getree om rustyd met die telling op 0-0 te gaan planne beraam.

Raja begin die tweede helfte goed en sy kaptein slaag daarin om binne elf minute vanaf 'n vryskop die wendoel te behaal. Vir Stars wat gereken die doel is vanuit 'n onkant posisie behaal, was dit egter nie beskore om die skeidsregter van hul vermoede te oortuig nie.

Al wat die geliefde Starlile van Katutura kon doen, was om verwoed aan te val, maar hul vaardighede laat hulle opnuut voor die doelkas in die steek. Indien Stars 'n gelykopuitslag kon afdwing, sou hulle straks 'n goeie wenkans in 'n strafskopstryd kon hê.

In die paar bykomende minute speeltyd het Ratanda Mbazuvara, Stars se doelwagter, 'n geelkaart vir sy relletjie met een van Raja se aanvallers gekry wat 'n doelskop wou waag nadat die skeidsregter reeds sy fluitjie vir onkantspel geblaas het.

Sekondes later is dit boonop die verdediger Treasure Kauapirura wat saam met 'n speler van Raja die gewraakte rooikaart ontvang en verplig is om die veld in die doodsnikke van die wedstryd te verlaat.



NPL-AANSLAG

Stars is die verdedigende Namibiese Premierliga-kampioen vir 2017-'18. Met sy verpligtinge in die Konfederasiebeker iets van die verlede kan hy vanaf komende Saterdag sy volle aandag op die 2018-'19 NPL toespits wanneer hy Young Brazilians in die verre Karasburg gaan pak.

Met Stars se kraakvars ondervinding van topklas kontinentale klubsokker teen Pirates en Raja Casablanca, kan die ander NPL-spanne maar solank bontstaan met die Samba Boys wat baie het om te bewys. Stars het tot dusver net vier NPL-wedstryde gespeel en gaan 'n besige tyd op die veld hê om FNB Black Africa te probeer inhaal wat tans die voorloper op die punteleer is. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.07/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.00% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.26/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 938.90/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.07/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.00% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.26/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 938.90/OZ DOWN -0.0012