Afname in hepatitis E-gevalle
Henriette Lamprecht - Die aantal hepatitis E-gevalle wat oor 'n tydperk van sewe dae aangeteken is, het afgeneem.
Volgens dr. Lillian Kahuika, mediese epidemioloog verbonde aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, is 61 gevalle van die siekte vanaf 19 tot 25 Februarie aangeteken.
'n Totaal van 894 is tot dusver sedert laat verlede jaar aangeteken.
Hiervan is 90 met laboratoriumtoetse bevestig, terwyl 606 klinies gediagnoseerde gevalle uit die episentrum van die uitbreking afkomstig is.
Dit sluit die informele nedersettings Havana en Goreangab in.
Volgens Kahuika word nog op die uitslae van 151 gevalle gewag.
'n Moontlike sterfgeval verwant aan die siekte is dié van 'n man wat tekens en simptome van hepatitis E getoon het.
“Die uitslae is nog uitstaande. Word dit bevestig, staan die aantal sterftes tans op ses mense,” het Kahuika gesê. Vier van dié sterftes was swanger vroue.
Kahuika was “versigtig optimisties” oor die afname in die aantal gevalle wat aangeteken is.
Simptome van die siekte sluit onder meer in akute geelsug, donker urine, abdominale pyn - veral aan die regterkant van die lyf, erge moegheid en naarheid.
Die inkubasietydperk wissel van twee tot tien weke, en die meeste gevalle kom vier tot ses weke ná blootstelling voor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie