Aflosdag het baie te bied

Padwedlope

14 February 2019 | Sport
Dis nie meer lank voordat die jaarlikse Bank Windhoek Corporate Challenge aflosbyeenkoms weer op Saterdag 16 Maart by die Doc Jubber-sportgronde in Olympia aangebied word nie.

Maatskappye, skole asook vriende en families kan soos in die verlede vir die dag se kaperjolle inskryf. Dit is veral die korporatiewe wêreld wat die geleentheid as 'n spanboudag kan inspan om die gees tussen personeel op te kikker, terwyl vrinne mekaar se geselskap ná 'n draf- of stapsessie deur Olympia kan geniet.

Aflosspanne sal uit vier lede bestaan wat elkeen vyf kilometer moet stap of draf. Behalwe dat die dag vir pret en spanbou bedoel is, word dit deur Bank Windhoek aangebied as platform om 'n gesonder leefstyl aan meer mense bekend te stel.

Me. Jacquiline Pack, uitvoerende hoof van Bank Windhoek se bemarkings- en korporatiewe dienste, sê: “Die formaat van die byeenkoms is uniek in Namibiese konteks waar ons spanne van vier aan 'n aflos laat deelneem. Ons wil graag spanne van ver­skillende maatskappye, sakeondernemings asook skole, familie en vriende bymekaar bring om op 'n gesonde wyse met mekaar te kompeteer en dit op sosiale vlak te geniet.”

Daar sal mans-, vroue-, asook gemengde spanne wees, terwyl die skole hul eie afdelings het. Die inskrywingsgeld vir volwasse spanne is N$400 met skole s'n die helfte minder.

Die geld wat met die dag ingesamel word, sal landwyd aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Die begunstigdes sal op 'n later stadium aangewys word.

“Deur die kompetisie hoop ons om 'n positiewe verandering by mense te skep en gemeenskappe op te hef waarin Bank Windhoek bedrywig is,” het Pack gesê.

Deelnemers kan hul eie gazebo's, tafels en stoele bring waar hulle lekker kan kuier en ontspan.

Twee plaaslike vermaakkunstenaars, Wambüseun en DJ Fish, sal gedurende die dag optree en braaivleisvure is beskikbaar waar spanne en hul ondersteuners 'n vleisie op die kole kan gooi. Diegene wat nie self wil braai nie, kan 'n smullekker braaibord by die Doc Jubber-klubhuis aanskaf.

Bywoners mag egter nie hul eie drinkgoed in die klubhuis neem nie.

Spanne wat vir die Bank Windhoek Corporate Challenge aflosbyeenkoms wil inskryf, kan by die organiseerders OTB Sport se webblad www.otb.com registreer.

Belangstellendes kan ook Suzette January, Bank Windhoek se koördineerder vir die byeenkoms, by 061 299 1278 kontak of 'n e-pos na [email protected] stuur.

Soortgelyk

 

Vier wildehonde proe vryheid

20 ure gelede | Omgewing

Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea...

Vlieëniers vlieg ‘blind’

20 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

20 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

20 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

20 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

20 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

20 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

20 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...