Afgradering beu00efnvloed ook SA motorverkope
Afgradering beu00efnvloed ook SA motorverkope

Afgradering beïnvloed ook SA motorverkope

Verbruikers in Suid-Afrika gaan langer aan hul voertuie vasklou ná die onlangse afgradering tot rommelstatus, sê ’n kenner van die motorbedryf in die buurland.

“Ons verwag om minder toegang tot krediet te sien, asook ’n verswakkende rand, stygende inflasie en selfs hoër rentekoerse,” sê Derick de Vries, uitvoerende hoof van motorinligtingsdienste by die kredietburo TransUnion.

Dit beteken verbruikers sal minder besteebare inkomste hê en dit sal duurder word om ’n voertuig te besit. Dit is omdat hoër rentekoerse, hoër brandstofpryse en moontlike toenames in versekeringspremies die finansieringskoste sal opstoot, sê De Vries.

Die TransUnion Vehicle Price Index vir 2017 is Donderdag bekend gemaak en stel ’n voertuigprysindeks saam uit ’n mandjie van voertuie van die 15 motorhandelsname met die hoogste verkope.

Luidens die verslag word baie van Suid-Afrika se voertuie ingevoer. ’n Swakker rand sal die koste van nuwe voertuie laat toeneem, sê die verslag, of vervaardigers sal hul marges moet verklein om potensiële kopers te lok.

Herstelkoste kan ook toeneem indien onderdele ingevoer moet word, sê die verslag.

Die prys van nuwe motors het in die eerste kwartaal skerp, met 8,8% jaar tot jaar, gestyg. Dit is vinniger as die 6,6% van dieselfde kwartaal in 2016, maar effens stadiger as die 9,4% in die vierde kwartaal van 2016.

Die indeks wys tweedehandse motors se pryse het met 3,7% gestyg – vinniger as in die vierde kwartaal en dieselfde kwartaal verlede jaar.

Luidens die verslag stel verbruikers meer belang in gebruikte voertuie en word 2,49 tweedehandse voertuie vir elke nuwe voertuig gefinansier.

Volkswagen en Toyota is die markleiers vir nuwe en gebruikte motors.

“Nog ’n voortslepende neiging is dat die persentasie van nuwe en gebruikte motors wat onder R200 000 gefinansier word, konstant bly vergeleke met die vorige kwartaal, wat wys dat verbruikers goedkoper koop en soek na meer waarde vir hul geld,” sê De Vries. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!