Afgetrede skoolhoof gegroet met optog
Henriette Lamprecht - Die Sekondêre Skool Paresis op Otjiwarongo het van 'n orkes en erewag tot baniere tydens 'n spesiale optog deur die dorp se strate ingespan om hul skoolhoof te groet wat einde vandeesmaand aftree.
Mnr. Naas Jacobs het reeds in 1985 as onderwyser by die skool ingeval wat ook toe sy deure geopen het. Jacobs het geografie en wetenskap gegee en het sedert 1993 die amp van skoolhoof beklee. Leerlinge en onderwysers het saamgespan om hom 'n spesiale afskeid vir soveel jaar se onbaatsugtige diens te gee. Die spesiale afskeid het 'n optog deur die strate van Otjiwarongo onder die leiding van 'n weermagorkes ingesluit, met leerlinge wat met baniere en plakkate gewys het hoeveel hy vir hulle beteken het. Die spesiale optog is afgesluit met die sny van 'n spesiale verjaardagkoek in die vorm van die syfers 60, terwyl 'n spesiale ete ook die aand vir hom gehou is. Jacobs, 'n groot visser- en natuurman, beplan om met sy nuwe begin baie tyd langs die viswaters te bestee en ook sy lyf boer te hou op 'n plaas wat hy en sy vrou, Kobie, buite die dorp huur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie