Afgemaaide stropers geïdentifiseer

04 January 2017 | Misdaad
Tanja Bause - Die Namibiese polisie het die twee stropers wat op 28 Desember deur teenstropery-eenhede in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet is geïdentifiseer.

Hulle is mnre. Paulo Shimonomono en ene Paulo (sy van is onbekend) en beide is in hulle veertigs.

Nog 'n stroper, mnr. Matheus Murongo, is gewond in die Rundu Staatshospitaal opgeneem. Sy nasionaliteit moet nog bevestig word omdat hy in besit van 'n Angolese identiteitsdokument en 'n Namibiese kieserskaart was.

Volgens majoor-generaal James Tjivikua het intensiewe ondersoeke deur die polisie daartoe gelei dat nóg twee verdagtes in verband met die stropery in die park gearresteer is.

Hulle is deur die polisie geïdentifiseer as mnre. Kumbwa John (34), van die Kamutjanga-nedersetting by Divundu, en Mbunda Simon (32) van die Mavanze-nedersetting by Rundu. Beide is Namibiërs. ’n Derde verdagte is nog op vrye voet, maar die polisie se ondersoeke duur voort.

Die stropers is om en by 11:20 sowat 21 kilometer Oos van Divundu in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet toe hulle in ’n skietgeveg met die teenstropery-eenheid betrokke geraak het.

Die teenstropery-eenheid het te voet gepatrolleer toe die stropers op hulle begin skiet het. Hulle het teruggeskiet en in die proses is twee doodgeskiet en een gewond. Die ander het gevlug.

Daar is beslag gelê op ’n AK-47, 25 patrone en 'n tuisgemaakte knaldemper.

’n Week gelede is nog ’n stroper in dieselfde park doodgeskiet nadat hy op die teenstropery-eenheid begin skiet het.

Sedert 15 September verlede jaar is 24 olifante in die Bwabwata Nasionale Park gestroop.

Op 3 en 7 Desember is twee gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park gevind. Vyftien mense is al in verband met die stropery in hegtenis geneem en het reeds in die landdroshof op Opuwo verskyn. Die saak is tot Maart uitgestel.

Soortgelyk

 

Venaani gaan Tsvangirai se begrafnis bywoon

2 dae gelede | Afrika

Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM) gaan die begrafnis van die ontslape Zimbabwiese opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangirai van die Movement for Democratic Change...

Geingob wens Ramaphosa geluk

2 dae gelede | Politiek

Pres. Hage Geingob het sy nuwe Suid-Afrikaanse eweknie, mnr. Cyril Ramaphosa, geluk gewens met sy inhuldiging as dié land sy vyfde demokratiese president.Hy sê in...

Nampol ontplooi helikopter in Noorde

2 dae gelede |

Die Namibiese Polisie het ’n helikopter na die Oshanastreek in die Noorde van die land ontplooi om misdaad in agt streke te bekamp. Die...

Waterkrisis woed op Rundu

2 dae gelede | Plaaslik

Maria Eiseb'n Voortslepende waternood heers die afgelope week op Rundu en het sommige inwoners sonder 'n druppel water in hul krane gelaat.Drie woonbuurte, Ndama, Safari...

Nuwe daeraad vir SA

2 dae gelede | Politiek

Politieke redaksie - Pres. Jacob Zuma se bedanking kort voor middernag Woensdag het 'n einde gebring aan 'n stormagtige nege jaar in Suid-Afrika se post-apartheidgeskiedenis.Die...

Wending kom in Ava-moordsaak

2 dae gelede | Howe

Denver KistingDie prokureur van die jong vrou, me. Zenobia Seas, wat haar tweejarige dogtertjie, Ava Owoses, na bewering in 2016 wreed vermoor het, gaan eers­daags...

Beskerm ietermagôs

2 dae gelede | Omgewing

Sedert 21 Julie 2017 tot 31 Januarie vanjaar is 77 mense in Namibië in hegtenis geneem vir handel in ietermagôs, en is 19 lewendige diere...

Weer vir 16 Februarie 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en baie warm tot bloedig warm in die Suide en Noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm...

Kalender 16 Feb

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang » Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism wat tans by die Franko Namibiese Kultuursentrum...