Adriaan se trust help kinders
Die Adriaan Engelbrecht-trust is gestig ter nagedagtenis aan Adriaan Engelbrecht, wat op 29 Desember 2014 oorlede is ná hy deur 'n motor op Hentiesbaai raakgery is.
Meer as N$250 000 se finansiële steun is vanjaar reeds deur die trust aan behoeftige kinders gebied.
In die proses is 49 kinders van verskillende agtergronde in private en staatskole ondersteun.
Fondse vir die trust is grootliks tydens 'n spesiale dinee ingesamel wat verlede jaar op 18 Junie gehou is. Vanjaar se dinee ten bate van die trust vind op 22 Julie plaas. Die tema is “Bosveld Drome” en dit word in samewerking met die Pupkewitz-stigting en Namagri gedoen.
Bok van Blerk is die gaskunstenaar. Die dinee sluit 'n driegang- aansitete, veiling, kontantkroeg asook 'n DJ vir die aand in.
Bok van Blerk is Adriaan se ouers se spesiale keuse, omdat sy liedjie “Pa en Seun” op Adriaan se liefdesdiens gespeel is en spesiale betekenis vir die familie het. Topgehalte en skaars wyne, unieke kunswerke, jagpakkette, juwele en nog vele meer word op die veiling aangebied.
Beperkte tafels vir die spesiale aand is nog beskikbaar teen N$9 000 vir 'n tafel van 10 gaste. Belangstellendes kan vir Marilize by +264 81 129 9543 kontak of 'n e-pos aan [email protected] stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie