Adjunkpremier besoek Noord-Korea

Ná vele ontkennings dat Namibië sanksies van die Verenigde Nasies geskend het, het die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking ‘n brief aan Pjongjang oorhandig waarin ‘n einde aan die militêre samewerking tussen die twee lande gemaak word.

29 June 2016 | Internasionaal
Ondersoekende span - Die adjunk­premier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, was van verlede Woensdag op ’n amptelike besoek aan Noord-Korea.
Volgens NK-news.org is besonderhede oor die doel van die besoek vaag, maar is dit betekenisvol, veral in die lig van vrae oor Namibië se nakoming van sanksies van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) teen Pjongjang.
Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga, het gister aan Republikein bevestig dat Nandi-Ndaitwah­ in Noord-Korea was. Gevra oor die rede vir haar besoek, het hy bloot geantwoord: “Ja, sy is op besoek aan Pjongjang.”
Bronne ná aan Staatshuis het ook die besoek bevestig en gesê Nandi-Ndaitwah het ’n brief van pres. Hage Geingob waarin ’n einde aan die militêre betrokkenheid van Noord-Korea­ gevra word aan Pjongjang afgelewer.
Namibië moes vroeër vanjaar antwoorde aan die sogenaamde 1718-komitee van die VN verskaf oor Noord-Koreaanse betrokkenheid by die bou van ’n ammunisiefabriek en ander militêre instansies. Bouwerk deur die Noord-Koreaanse maatskappy­ Mansudae Overseas Projects (M.O.P.) Namibia is steeds by die nuwe verdedigingshoof­kantoor in Suiderhof aan die gang. Die VN-sanksies­ teen Noord-Korea bepaal dat lid­lande van die VN geen samewerking­ op militêre gebied met Noord-Korea mag hê nie.
Nandi-Ndaitwah het oor die naweek samesprekings met die Noord-­Koreaanse minister van buitelandse sake, Ri Yong Ho en totalitaristiese staatshoof Kim Yong-un gevoer oor “die ontwikkeling van vriendelike en samewerkende betrekkinge en ander sake van wedersydse belang”, het die Noord-Koreaanse staats­media, Korea Sentrale Nuusagent­skap (KVNA), berig.
Die besoek het ook ’n onthaal en besoeke aan bekende propaganda-plekke in en om Pjongjang ingesluit.
Volgens NK-News.org het die besoek egter die wenkbroue laat lig van diegene wat die implementering van VN-sanksies monitor.
In Maart het Nandi-Ndaitwah bevestig dat Noord-Koreane betrokke is by die bou van ’n ammunisiefabriek, ’n militêre akademie en die weermaghoofkantoor, maar ontken dat enige VN-sanksies in die proses geskend is.
’n VN-verslag in Februarie deur die sogenaamde paneel van deskundiges het egter daarop gewys dat die Noord-Koreaanse projekte waarskynlik ’n verbreking van VN-sanksies is.
Daniel Pinkston, ’n Noord-Koreaanse­ deskundige verbonde aan Troy Universiteit, het in antwoord op vrae van NK-News.org oor of die doel van die besoek was om militêre bande te beëindig of om maniere te vind om die sanksies te omseil, gesê: “Natuurlik wil Noord-Korea voortgaan om sake te doen. Indien Namibië egter probeer om voort te gaan met militêre samewerking, kan dit ’n baie duur fout wees en ’n toets vir die internasionale gemeenskap se wil om sanksies af te dwing om Pjongjang te ondermyn.”
’n Deskundige oor sankies teen Noord-Korea, Joshua Stanton, het aan NK-New.org gesê diplomatieke­ interaksie met Noord-Korea is nie verbode nie, maar dat Nandi-Ndaitwah­ se ontkenning van vroeëre sanksieskendinge “vals” was.
“Óf Nandi-Ndaitwah het nie die resolusies gelees nie óf verkies om dit te ignoreer,” het hy gesê.
Suid-Korea het onlangs begin om tradisionele bondgenote van Noord-Korea te oortuig om hul betrekkinge te heroorweeg en Uganda het onlangs sy militêre bande met Noord-Korea opgeskort.

Soortgelyk

 

Swapo-verdeeldheid op kongres

2 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob, staatshoof en Swapo se president, sê hy het gedink die strydbyl is ná verlede jaar se gewone kongres van...

Swapo vergader buitengewoon…

3 ure gelede | Politiek

Honderde afgevaardigdes is sedert vanoggend by die Ramatex-gebou aan die buitewyke van Windhoek byeen vir Swapo se buitengewone kongres. Die verdeeldheid, wat die party sedert...

Goedkoper brandstof 'n vroeë Kersgeskenk vir Namibië

3 ure gelede | Energie

Ná maande van stygende brandstofpryse, gaan Desember uiteindelik vir padgebruikers verligting bring.Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het pas aangekondig dat die...

Nuwe skok vir toerisme

16 ure gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerDie sug van verligting wat die toerismebedryf geslaak het oor die suksesvolle verloop van die Internasionale Burgerlug­vaartorganisasie (Icao) se 10 dae lange sekuriteitsoudit in...

Hervulling op see wek kommer

16 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause – Kommer heers onder mariene en omgewingskenners oor die bedreigde Afrika-pikkewynkolonie buite Lüderitz.Dit nadat ’n skip vir die tweede keer vanjaar ’n ent...

Kalender 30 November

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Legendariese musikant, liedjieskrywer en kunstenaar, Ngatu, bring sy oorspronklike Shambo-musiek na die Franko Namibiese Kultuursentrum (FNCC) vir slegs een vertoning vanaand....

NSFAF se antwoorde bring net meer raaisels

16 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) se antwoorde op vrae van die parlement se portefeuljekomitee op openbare rekeninge veroorsaak net nog...

Weer vir 30 November

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Zambezistreek en die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot...

Instrumente vir jeugorkes

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Die jeugorkes van Namibië (YONA), asook die orkes van die Helmholtz Gymnasium Karlsruhe, het op die 10de November sy-aan-sy opgevoer by die WHS-ouditorium. Namibiese- en...