Adjunk- eerste minister sterk goed aan tuis
Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, is in 'n stabiele toestand en sterk tuis aan ná 'n motorongeluk op 28 Desember.
Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, het gesê die voertuig waarin Nandi-Ndaitwah was, was tussen 15:00 en 16:00 op die pad tussen Tsumeb en Oshivelo in 'n trompop botsing met 'n bakkie betrokke.
Die bestuurder van die bakkie en 'n insittende het in die ongeluk gesterf. Die polisie het die oorledenes as die 27-jarige Iiyagaya Sem Shafiishuna en Nghipangelwa Paulus (33) geïdentifiseer.
Die adjunk- eerste minister en haar motorbestuurder is aanvanklik in die Tsumeb Private Hospitaal opgeneem. Nandi-Ndaitwah is daarna na die Windhoek MediClinic oorgeplaas.
Volgens die polisie was die adjunk- eerste minister se motorkade op pad na Oshivelo toe die ongeluk plaasgevind het.
Die bakkie was na bewering besig om 'n vragmotor verby te steek toe dit in Nandi-Ndaitwah se voertuig vasgery het.
Republikein se susterkoerant, Namibian Sun het met Ndaitwah se eggenoot, lt.genl. Epaphras Denga Ndaitwah, gesels wat sy meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes uitgespreek het.
Hy het ook gesê Nandi-Ndaitwah se motorbestuurder is voor Nuwejaar uit die Tsumeb-hospitaal ontslaan en sterk tuis aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie