Adidas se 3 strepe nie uniek genoeg, beslis hof
Reuters – Nee, Adidas, jou drie strepe aan die kant van jou tekkies is nie uniek genoeg nie.
Die Europese Unie se algemene hof het Woensdag beslis die wêreldbekende sportkleregroep Adidas se drie-streep-merk is nie as ’n handelsmerk geldig nie want dit is nie uniek genoeg nie.
Die hof het ’n beslissing van die Europese kantoor vir intellektuele eiendom gehandhaaf wat in 2016 bepaal het ’n vorige hofbesluit om die kenmerkende drie strepe van Adidas as ’n handelsmerk te aanvaar is ongeldig.
Die Duitse sportkleregroep het in 2014 die drie strepe as ’n handelsmerk geregistreer vir gebruik op sy klere, tekkies en ander bykomstighede, hoewel dit al jare deel is van sy beeld. Adidas het aangevoer die drie strepe is “drie parallelle strepe van dieselfde wydte en van dieselfde afstand van mekaar, wat in enige rigting op die produk aangewend word”.
Die Belgiese maatskappy Shoe Branding Europe het egter Adidas se aanspraak op die drie strepe as ’n handelsmerk uitgedaag. Shoe Branding Europe is al vir sowat 10 jaar in ’n stryd met Adidas gewikkel. ’n Europese hof het in 2018 Shoe Branding se eie twee-streep-handelsmerk ongeldig verklaar want die strepe is glo te soortgelyk aan Adidas se handelsmerk.
Maar Adidas moes wys die merk het regdeur die Europese Unie ’n “kenmerkende karakter” gegrond op die gebruik daarvan sodat verbruikers dadelik weet ’n produk is van Adidas en sodat hulle dit kon onderskei van produkte van ’n ander maatskappy.
Die hof het Woensdag beslis die drie strepe is nie ’n patroon nie maar ’n “gewone figuratiewe merk” en dis nie relevant om spesifieke gebruike daarvan saam met kleure in ag te neem nie.
Die hof het beslis Adidas het bewys gelewer van die merk se gebruik in vyf EU-lande, maar nie in die hele EU-blok van 28 lande nie.
Adidas kan nog by die Europese hof van justisie, die hoogste hof in Europa wat bó die algemene hof is, gaan appelleer. Hy het net twee maande tyd om dit te doen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie