ADAM verower harte
ADAM verower harte

ADAM verower harte

Lloyd Zandberg
Wanneer jy na ADAM se musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom dié musiekgroep so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf. Hierdie drie musikante, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het ’n manier om pragtige lirieke te verweef met hul kenmerkende, unieke styl en dit in perfekte harmonieë met luisteraars te deel. Hul nuwe dubbelalbum sal van April af op die rakke wees en gaan voortbou op die wenresep wat van dag een af aanhangers se harte verower het.

Die manne se splinternuwe enkelsnit, “Sê My (Bewe)”, is pas vrygestel.

Die liedjie is geïnspireer deur al Hugo se pogings om ’n meisie te kry - en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet.

“Die snit is baie tong-in-die-kies, maar ongelooflik lekker om te sing en op te voer. Ons het nog nooit ’n liedjie gehad wat 100% net speels en komies is nie, so ons is opgewonde oor dié een!” sê Hugo.

Dit is deur Reynardt, Hugo en Vaughan geskryf en gaan oor daai corny pick-up lines wat mans so gereeld gebruik.

“Dis ’n catchy tune waarby almal sal aanklank vind en dit beloof om ’n groot treffer te wees,” verklap Reynardt.

’n Musiekvideo vir die snit word ook beplan.

“Sê My (Bewe)”, is een van 10 splinternuwe snitte wat op ADAM se nuwe spesiale dubbel-CD sal verskyn.

Dié CD is ‘n hervrystelling van die trio se suksesvolle album, Hoogtevrees, wat in Augustus 2016 uitgereik is en wat wissel tussen voetstamplekker dansliedjies, roerende hartsballades en kreatiewe verwerkings van ou gunstelinge.

Die nuwe inhoud van hierdie spesiale vrystelling was ’n spanpoging deur Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan en Nerine Gardiner.

Dit sluit ook ’n duet, “Kalmeer”, met Kyle se vrou in, wat beloof om selfs die mees kritiese oor tevrede te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!