ADAM se boodskap aan die jeug
ADAM se boodskap aan die jeug

ADAM se boodskap aan die jeug

Die gewilde musiekgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se album Bewe is in Maart vanjaar vrygestel. Dié album bewys hoe baie hulle as kunstenaars in die afgelope jare geggroei het.

Hul eerste enkelsnit, “Sê My (Bewe)”, is vroeg vanjaar al uitgereik en pryk steeds op trefferparades landswyd.

Dit is ’n lekker tong-in-die-kies-liedjie geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry - en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet.

Maar nou, met die uitreiking van hul tweede enkelsnit, “Kalmeer”, raak die manne ernstig en het hulle ’n sterk boodskap aan die jeug:

“Ek het ‘Kalmeer’ geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en ná baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker aan die ander kant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan,” sê Hugo Ludik.

Die talentvolle sangeres Elizca Coetzer (Kyle Grant se vrou) sing op hierdie liedjie saam met ADAM se manne. Wanneer jy hulle vra oor hoekom hulle juis op Elizca besluit het, antwoord hulle uit een mond: “Elizca is volgens ons Suid-Afrika se beste sangeres. Sy het al ’n Naledi-toekenning ontvang en het al baie hoofrolle in musiekblyspele gespeel, maar sy het net nog nooit ’n studio-album opgeneem nie. Ons al drie voel sy is letterlik die enigste vroulike kunstenaar in ons land wat hierdie justice kon doen.”

“Kalmeer” is ’n liedjie van hoop.

“Ons trek nou swaar, maar ons was al daar, ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heelgemaak.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!